Hardik Himanshu Pandya (gebore op 11 Oktober 1993 in Surat, Gujarat) is 'n Indiese internasionale krieketspeler wat vir die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga (IPL) speel. Hy is 'n regterhandse kolwer en boul met sy regterarm. Hy is die jonger broer van Krunal Pandya. Pandya het al 11 toets-, 45 EDI- en 38 T20-wedstryde gespeel. Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofee 2017, die krieketwêreldbekertoernooie in 2019 en 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2016, 2021 en 2022 vir Indië gespeel. Hy was ook 'n lid van die Indiese wenspan tydens die T20I-wêreldbeker 2024. Een jaar later was hy 'n lid van die seëvierende Indiese span tydens die Kampioenetrofee 2025. Tydens die T20I-wêreldbeker 2026 was hy weer saam met Indië aan die wenkant.

Internasionale loopbaan Pandya het sy T20 debuut vir Indië op 27 Januarie 2016 op die ouderdom van 22 gespeel en 2 paaltjies teen Australië geneem.

Verwysings

Eksterne skakels

Hardik Pandya se profiel op ESPNcricinfo

Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Indiese krieketspelers