Alpha Fornacis (afgekort as α For) is ’n dubbelster in die suidelike sterrebeeld Oond (Fornax) en die helderste ligpunt in die sterrebeeld; dit is die enigste ster met ’n skynbare magnitude van hoër as 4. Dit is sowat 46 ligjare van die Son af.
Die twee komponente is bekend as Alpha Fornacis A (met die amptelike naam Dalim) en B.
Name Die dubbelster se Bayer-naam is "Alpha Fornacis". Dit was voorheen ook bekend onder die Flamsteed-naam 12 Eridanus.
Inheemse Arabiere het die naam ظَلِيم al-ẓalīm, ’n plaaslike woord vir "volstruis", aan beide Alpha Eridani en Fomalhaut gegee. Later het Arabiese sterrekundiges die naam vir Theta Eridani gebruik omdat hulle nie die ander twee sterre van hulle ligging af kon sien nie. In onlangse tye het die Italiaanse sterrekundige Giuseppe Piazzi die aangepaste spelling "Dalim vir sy "III 13" (= α For) gebruik in sy Palermo-katalogus. Die Amerikaanse sterrekundige Elijah Burritt het dit later vir "Fornacis" gebruik in sy Atlas. plate III.
Op 5 September 2017 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Dalim" vir die ster Alpha Fornacis A goedgekeur. Hulle ken eiename eerder aan individuele sterre toe as aan stelsels.
Eienskappe Alpha Fornacis het ’n hoë eiebeweging en die stelsel toon ’n oormaat infrarooistraling, wat die teenwoordigheid van sirkumstellêre materiaal aandui.
Alpha Fornacis A het ’n sterreklassifikasie van F8IV, waar die ligsterkteklas IV aandui dit is ’n subreus wat pas van die hoofreeks af geëvolueer het. Sy massa is 33% meer as die Son s’n en dit is na raming 2,9 miljard jaar oud.
Die sekondêre ster, B, is ’n bloudwaalster en het in die verlede óf materiaal van ’n ander ster aangetrek óf daarmee saamgesmelt. Dit is ’n groot bron van X-strale en sy massa is 78% van dié van die Son.
Verwysings
Eksterne skakels α For (Dalim) - SKY-MAP.ORG LHL Digital Collections - Linda Hall Library 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Oond (sterrebeeld) Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:F-tipe subreuse