Katalonië (Katalaans: Catalunya [kətəˈluɲə] of [kataˈluɲɛ]; Aranees en Oksitaans: Catalonha [kataˈluɲɔ], Spaans: Cataluña [kataˈluɲa]) is een van die nasies binne die Koninkryk Spanje wat tans as een van die land se outonome gemeenskappe geadministreer word. Dit grens aan Frankryk en Andorra in die noorde, Aragon in die weste, en Valencia in die suide. In die ooste word dit begrens deur 'n 580 km kuslyn aan die Middellandse See. duimnael|links|Buite die katedraal van Barcelona kom verbygangers byeen vir 'n spontane sardana, 'n tradisionele dans wat uitdrukking gee aan Katalane se nasionale trots en samehorigheidsgevoel duimnael|links|Die Estelada, ontwerp deur die Katalaanse nasionalis Vicenç Abert Ballester (1872−1938), baseer op die Senyera, die amptelike vlag van die Outonome Gemeenskap Katalonië, maar simboliseer die Katalaanse Lande of Països Catalans in hul geheel - naas Katalonië ook die Katalaanssprekende streek Valencia, die Baleariese Eilande en dele van Aragón. Die Estelada dien as simbool van 'n onafhanklike Katalonië en word derhalwe ook deur die Katalaanse onafhanklikheidsbeweging gebruik

Die Gemeenskap se grondgebied kom ooreen met dié van die historiese gebied van die voormalige Prinsdom van Katalonië en die hoofstad en grootste stad is Barcelona. Die outonome gemeenskap van Katalonië beslaan 'n oppervlak van 32 108 km² met 'n amptelike bevolking van 7 565 603 (2012) waarvan immigrante 'n geskatte 12,3% uitmaak.

Die gebiede, waarna vandag as Katalaanse Lande (Països Catalans) verwys word, het reeds in die antieke tydperk sekere kenmerke gedeel voordat hulle vanaf die Middeleeue 'n maatskaplike, ekonomiese en kulturele eenheid begin vorm het. Die Mediterreense kuslyn was die geografiese element wat hulle met mekaar verbind het; die hoogplato in die sentrum van die Iberiese Skiereiland was hul gemeenskaplike grens teen die naburige Kastilië.Goethe-Universität Frankfurt am Main - Institut für Romanische Sprachen und Literaturen: Geschichte Kataloniens und der Katalanischen Länder. Besoek op 8 Julie 2018

Katalane verwys na hul land dikwels as 'n terra de pas, 'n deurgangsland, histories geleë tussen twee groter moondhede, Frankryk en Spanje, langs 'n roete wat dié twee lande oor eeue heen met mekaar verbind het. 'n Verskeidenheid beskawings en mense het hul spore gelaat, van Kelte, die Kartagiese veldheer Hannibal met 'n strydmag wat 2 200 olifante ingesluit het, en Romeine tot migrante uit Afrika en Asië wat destyds werk kom soek het in Katalonië se florerende vrugtebedryf rondom Lleida, die grootste stad in die binneland.Michael Eaude: Catalonia - a Cultural History. Oxford: Oxford University Press 2008, bl. viii

Die toekomstige politieke status van Katalonië sal moontlik deur die snelgroeiende Katalaanse onafhanklikheidsbeweging bepaal word.The Washington Post, 20 September 2016: Catalonia sees itself as the nation-state of the future. Besoek op 8 Julie 2018 Die Spaanse bewind se optrede teen die beweging en die inhegtenisneming van Katalaanse regeringslede is onder meer deur die gewese president van Brasilië, Dilma Rousseff, openlik gekritiseer. Rousseff het Katalonië se reg op selfbeskiking beklemtoon.El Nacional, Barcelona: 15 November 2017: Rousseff defiende "la autodeterminación" y condena el encarcelamiento del Govern. Besoek op 8 November 2018

Die politieke geskil tussen Madrid en Barcelona oor die herstelling van Katalonië se onafhanklikheid is ook 'n stryd tussen twee kulture. Tradisioneel het die grondslag van Katalane se welvaart op ambagte en seehandel berus. In Katalaanse stede het 'n selfbewuste burgerdom ontstaan wat baie ooreenkomste getoon het met dié van Hansestede en Italiaanse stadrepublieke.Süddeutsche Zeitung, 29 September 2017: Spanische Geschichte - Der Streit zwischen Spaniern und Katalanen ist ein Konflikt der Kulturen. Besoek op 20 Augustus 2019 Hierdie burgerdom het 'n politieke bedeling voortgebring waarin die politieke ewewig bewaar is en 'n tradisie van beleidvorming ontstaan het waarvolgens opponerende kragte kompromisse getref het.

Die Kastiliaanse samelewing het sterk gekontrasteer met die Katalaanse model. Die Spaans-Kastiliaanse staat is deur 'n magshiërargie gekenmerk wat uit koning, adel, klerus en boere bestaan het. Die laasgenoemdes was gevange in 'n stelsel van afhanklikheid en uitbuiting waarin gedwonge boerdery sentraal gestaan het. Ook ná die ontdekking van Amerika deur Spaanse seevaarders het die Spaaanse ekonomie nie danksy handel en tegnologiese vernuwing gefloreer nie, maar die Spaanse elite het hulle eerder beperk tot die genadelose plundering van Indiaanse ryke in Sentraal- en Suid-Amerika, waaronder dié van die Asteke en Inkas. Die oorgrote meerderheid van die bevolking is tot in die moderne tyd deur 'n baie klein heersende elite, wat hul selektiewe en partikuliere belange bevorder het, van die politieke besluitnemingsprosesse uitgesluit.

Geskiedenis Voor-Romeinse tydperk Katalonië is reeds sedert prehistoriese tye bewoon. Die instroming van Keltiese stamme na die Iberiese Skiereiland het gelei tot die ontwikkeling van die Keltiberiërs. In 575 v.C. het die Antieke Grieke die gebied gekoloniseer en die dorp Empúries gestig aan die kus van die Middellandse See, wat saam met Rode (Roses), ook in Katalonië, die mees westelike Griekse dorpe sou word. Die Keltiberiese kultuur is deur die aankoms van die Grieke, Feniciërs en Kartagers beïnvloed.Generalitat de Catulunya History: History , besoek op 27 Junie 2007

duimnael|links|250px|Romeinse akwaduk naby Tarragona duimnael|links|250px|Karel die Grote en die jong Louis die Vrome Romeinse bewind Dit sou egter die Romeine se aankoms in die Iberiese Skiereiland wees wat die grootste en mees blywende indruk op Katalonië sou hê. Die aankoms van Romeinse administratiewe en institusionele strukture het gelei tot 'n netwerk van stede en paaie, die invoer van landbou gegrond op graankosse, druiwe en olywe, die invoer van besproeiing die ontwikkeling van Romeinse Reg, en die aanneming van die Latynse taal, waarvan al drie tale wat amptelike status in Katalonië het, Spaans, Katalaans en die Oksitaanse variant Aranees, afstam. Die Romeinse era het aangebreek met die aankoms van Gnaeus Cornelius Scipio Calvus in Empúries met die doelwit om toevoerlyne vir Hannibal se Kartaagse leër af te sny tydens die Tweede Puniese oorlog. Nadat Kartage verslaan en verskeie Iberiese opstande onderdruk is, is Romeinse heerskappy teen 195 v.C. oor die gebied wat later Katalonië sou word volledig bewerkstellig. Die grootste deel van Katalonië het eers deel geword van die Romeinse provinsie Hispania Citerior; na 27 v.C. het dit deel geword van Tarraconensis, met die hoofstad Tarraco (nou Tarragona).

Wes-Gote en Franke In die 5de eeu het die Wes-Gote as deel van die Germaanse inval van die Romeinse Ryk onder Athaulf hulle in Tarraconensis (410) gevestig en toe die Wes-Gotiese koning Euric in 475 die koninkryk van Tolosa (moderne Toulouse, Frankryk) gestig het, het hy die gebied wat ooreengekom het met vandag se Katalonië daarby ingesluit. Die Wes-Gote het die gebied oorheers tot aan die begin van die 8ste eeu, eers uit Toulouse en later uit Toledo. In 718, het die Moslem-verowering van Spanje die noordwestelike deel van die skiereiland bereik en invalle in Septimania uitgevoer. Die gebied wat aan die Frankiese Ryk gegrens het is egter geleidelik vanuit die noorde verower en binne 'n enkele eeu is Katalonië deur die Franke verower. Girona het reeds in 785 geval en in 801 het Karel die Grote se seun, Louis, Barcelona verower. Die grensgebied tussen die Frankiese Ryk en die More het bekend gestaan as Marca Hispanica (Spaans: Moerasse) en is deur die Graaf van Barcelona regeer.

Middeleeue Tydens die 10de eeu het die Katalaanse Grawe al hoe meer onafhanklik van die Karolingiese mag geword. Die 11de eeu is gekenmerk deur die ontwikkeling van 'n feodale samelewing. Die oorwinning van Ramon Berenguer I oor die ander Katalaanse grawe het die graafskappe van Katalonië onder die Barceloonse kroon verenig. Die naam Catalonia is vanaf die middel van die 12de eeu af begin gebruik om na die groep graafskappe waaruit die Marca Hispanica bestaan het te verwys. Tot op die tydstip het die Grawe van Barcelona gepoog om hulle gebied in veelvuldige rigtings uit te brei en is die graafskap Besalú, deel van die Empúries, Cerdanya en vir 'n kort tydjie selfs die graafskap van Provence verower. Die verowerde gebied suid van die historiese Marca Hispanica het as Catalunya Nova ("Nuwe Katalonië") bekend gestaan en is teen die einde van die 12de eeu deur Katalane herbevolk.

duimnael|Cort general del Principat de Catalunya Die huwelik tussen die Graaf Ramon Berenguer IV, van die huis van Barcelona, met Petronila, dogter van die Koning van Aragon, in 1137 het die vereniging met die Kroon van Aragon en verdere feodale uitbreiding na die Moorse suide en weste moontlik gemaak. Tortosa is in 1148 verower en Lleida in 1149. Ramon Berenguer IV het "Aragon" as sy hooftitel en die naam van sy koningshuis gebruik. Ramon en Peronella se seun het die titel Rex ("koning") van Aragon geneem. Katalonië en Aragon het egter hulle bepaalde tradisionele regte behou en Katalonië sy eie persoonlikheid met een van die eerste parlemente in Europa, die Corts catalanes.

Oor die volgende aantal eeue sou Katalonië onder die Aragonese kroon een van die belangrikste gebiede in Europa word wat 'n maritieme ryk sou domineer wat van die westelike Middellandse See tot by Italië sou strek na die oorwinning van Valencia, Majorka en die res van die Baleariese Eilande, Sardinië, en deur die opvolging van die konings van Aragaon ook Sisilië. Verdrae met Die Koninkryk van Kastilië het bepaal watter gebiede die twee koninkryke van die More sou probeer herower tydens die Reconquista. In 1213 het die nederlaag en dood van Pieter II van Aragon 'n einde gebring aan 'n projek om Katalaanse mag oor Provence te verstewig. Sy opvolger Jakobus I van Aragon het eers teen 1227 daarin geslaag om sy mag oor Katalonië te konsolideer en daarna voortgegaan om Majorka en Valencia te verower. Laasgenoemde het 'n derde koninkryk onder die kroon van Aragon geword. Majorka saam met die graafskappe Cerdanya en Roussillon en die stad Montpellier is as die aparte Koninkryk van Majorka aan sy seun Jakobus II van Majorka gelaat. Stryd wat op die verdeling gevolg het is beëindig met die anneksasie van die Koninkryk van Majorka deur die Kroon van Aragon in 1344.

duimnael|links|220px|Constitucions Catalanes, 1702 duimnael|300px|Die grondgebied onder die Kroon van Aragon in 1441

Vereniging met Kastilië Die dood van Martin I van Aragon in 1410 sonder 'n erfgenaam het tot 'n opvolgingskrisis gelei. Na twee jaar is die krisis ten gunste van Ferdinand van Antequera van die Kastiliaan se koningshuis beslis. Ferdinand se opvolger Alfonso V het gebiedsuitbreiding verder geneem met die verowering van die Koninkryk van Napels in 1443. In Katalonië sou daar egter 'n kleinboere-opstand plaasvind in 1462 (die remença). In 1493 het Frankryk die graafskappe Roussillon en Cerdanya wat dit tydens die konflik beset het geannekseer. Ferdinand se huwelik met Isabella van Kastilië in 1469 het 'n dinastiese vereniging van die Kroon van Aragon met Kastilië meegebring en in 1516 is die monargieë formeel in die Koninkryk van Spanje verenig. Die twee koninkryke het egter hulle afsonderlike politieke instellings, howe, wette, administrasie en geld behou.

duimnael|250px|Verdeling van Katalonië in 1659