Kwashiorkor (kwasjiorkor) is 'n kindersiekte veroorsaak deur ondervoeding of wanvoeding.
Oorsake duimnael|links|Kind met 'n uitgestrekte gesig as gevolg van kwashiorkor duimnael|400px|Ongeskiktheids-aangepaste lewensjaar vir kwashiorkor per 100 000 inwoners in 2002: Die siekte kom gewoonlik voor by voorskoolse kinders wat 'n dieet volg met 'n kroniese tekort aan goeie proteïene (dus byvoorbeeld mielies) en te veel koolhidrate. Dus is armoede en onkunde in die minderbevoorregte gemeenskappe die onderliggende oorsaak. Ook in tye van hongersnood weens oorloë, droogtes, misoeste of ander rampe ontstaan die kwaal dikwels. As 'n baba gespeen word weens 'n volgende swangerskap van die moeder kry die gespeende kind dikwels skielik te weinig proteïene vir sy of haar ouderdom. In sekere tradisionele landelike gemeenskappe in Afrika geniet die voeding van suigelinge en jong kinders 'n lae prioriteit. Volwassenes moet uitgaan om te gaan werk en het dus kos nodig om die krag daarvoor te hê. In ontwikkelde nywerheidsgeiede kom die siekte selde voor.
Kenmerke Eerste eienskappe van die siekte is 'n algemene vermoeidheid, lusteloosheid en slaperigheid. Die kind het 'n patetiese voorkoms. Later kom haarverlies en haarverkleuring en ook veranderinge in die vel voor. Voete, enkels, hande, gesig en die onderbuik swel dikwels. op. Die kind raak ook prikkelbaar. Bloedarmoede, wegkwyning van die spiere, 'n vergrote lewer en 'n te lae gewig vir die pasiënt se ouderdom raak opvallend. Dit kan op die lange duur lei tot verlangsaming van die groei en 'n vertraagde fisiese en psigiese ontwikkeling. In ernstige gevalle lei die lewersiekte tot die dood.
Voorkoming en behandeling Maatskaplike opvoeding is die beste voorkomende maatreël. Die beteken die verbetering van die algemene gesondheidstoestand van die minderbevoorregte klasse in die samelewing. 'n Inname van 100 ml melk per dag verhoed kwashiorkor. Is die siekte reeds onderlede, moet die dieet onverwyld reggestel word deur langsaam die proteïen-inname te verhoog. Sedert 1963 is kwashiorkor in Suid-Afrika 'n aanmeldbare siekte.
Etimologie Die naam kwashiorkor vir hierdie voedingsiekte kom uit 'n taal van Ghana. Dit beteken “as die tweede kind gebore is, begin die eerste siek word”. Die oudste kind kry nie meer borsvoeding as die nuwe kind gebore word en kry dus minder proteïene.
Lees ook marasmus
Verwysings
Bibliografie Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 6. Kaapstad: Nasou, 1972.
Kategorie:Siektes