1. FC Pforzheim is 'n sokkerklub uit Pforzheim in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland. Die klub is op 5 Mei 1896 gestig en was een van die stigterslede van die DFB in 1900. Die klub het ook 'n trompoppieafdeling.
Die klub was baie suksesvol in sy beginjare. In 1906 het die klub sy grootste prestasie behaal: As kampioen van die Suid-Duitse sokkervereniging het Pforzheim die eindstryd van die uitspeelwedstryde om die Duitse titel gehaal, maar met 1-2 teen VfB Leipzig verloor, nadat daar nog in die halfeindrondte met 4-0 teen Berlin TuFC Union geseëvier is.
Tussen 1933 en 1944 het Pforzheim in die Gauliga Baden gespeel, destyds die hoogste klas. Na die Tweede Wêreldoorlog kon die klub nie weer die eerste liga haal nie en het dit in die 2. Oberliga Suid (tweede vlak) meegeding tussen 1950 en 1963, toe die Bundesliga gevorm is. Pforzheim het hierna in die Regionalliga Suid gespeel tot 1967, waarna die klub verder gedaal het tot die derde vlak.
Die klub het in 1987, 1989 en 1999 die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal en in eergenoemde twee jare is die derde rondte bereik.
Die klub sukkel die afgelope jare finansieel en was in 2004 'n tyd lank onder finansiële administrasie geplaas. Die klub is tans (status: 12 Junie 2007) in samesprekings met 'n ander plaaslike klub, VfR Pforzheim, gewikkel oor 'n moontlike samesmelting.
Onlangse ligaposisionering 1963–1964 (II) Regionalliga Suid 15de 1964–1965 (II) Regionalliga Suid 13de 1965–1966 (II) Regionalliga Suid 7de 1966–1967 (II) Regionalliga Suid 18de 1967–1968 (III) Amateurliga N-Baden 2de 1968–1969 (III) Amateurliga N-Baden 2de 1969–1970 (III) Amateurliga N-Baden 7de 1970–1971 (III) Amateurliga N-Baden 2de 1971–1972 (III) Amateurliga N-Baden 7de 1972–1973 (III) Amateurliga N-Baden 3de 1973–1974 (III) Amateurliga N-Baden 5de 1974–1975 (III) Amateurliga N-Baden 4de 1975–1976 (III) Amateurliga N-Baden 3de 1976–1977 (III) Amateurliga N-Baden 4de 1977–1978 (III) Amateurliga N-Baden 3de 1978–1979 (III) Am.Oberliga B-Würt. 17de 1979–1980 (III) Amateurliga N-Baden 4de 1980–1981 (III) Amateurliga N-Baden 10de 1981–1982 (III) Amateurliga N-Baden 5de 1982–1983 (III) Amateurliga N-Baden 3de 1983–1984 (III) Amateurliga N-Baden 6de 1984–1985 (III) Amateurliga N-Baden 1ste 1985–1986 (III) Am.Oberliga B-Würt. 3de 1986–1987 (III) Am.Oberliga B-Würt. 7de 1987–1988 (III) Am.Oberliga B-Würt. 9de 1988–1989 (III) Am.Oberliga B-Würt. 2de 1989–1990 (III) Am.Oberliga B-Würt. 3de 1990–1991 (III) Am.Oberliga B-Würt. 1ste 1991–1992 (III) Am.Oberliga B-Würt. 13de 1992–1993 (III) Am.Oberliga B-Würt. 8ste 1993–1994 (III) Am.Oberliga B-Würt. 10de 1994–1995 (IV) Oberliga Baden-Würt. 8ste 1995–1996 (IV) Oberliga Baden-Würt. 3de 1996–1997 (IV) Oberliga Baden-Würt. 2de 1997–1998 (IV) Oberliga Baden-Würt. 5de 1998–1999 (IV) Oberliga Baden-Würt. 3de 1999-2000 (IV) Oberliga Baden-Würt. 7de 2000-2001 (IV) Oberliga Baden-Würt. 2de 2002-2003 (IV) Oberliga Baden-Würt. 12de 2003-2004 (IV) Oberliga Baden-Würt. 9de Lisensie geweier 2004-2005 (V) Verbandsliga Baden 4de 2005-2006 (V) Verbandsliga Baden 1ste 2006-2007 (IV) Oberliga Baden-Würt. 16de 2007-2008 (V) Verbandsliga Baden
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Baden-Württemberg 2006/07-seisoen1. FC Normannia Schwäbisch Gmünd| 1. FC Pforzheim| Bahlinger SC| FC 08 Villingen| FC Emmendingen| FC Nöttingen| Heidenheimer SB| SC Freiburg II| SG Sonnenhof Großaspach| SGV Freiberg| SSV Ulm 1846| Stuttgarter Kickers II| SV Bonlanden| SV Sandhausen| TSG Hoffenheim II| TSV Crailsheim| VfR Mannheim| SV Waldhof Mannheim
Pforzheim