200px|links|duimnael|Talia en Malpomeme

Drama is die besondere modus van fiksie verteenwoordig in toneelspel. Die term is afkomstig van die Griekse woord , drama wat "aktiwiteit" beteken, en weer afgelei is van die werkwoord vir "om te doen" of "om op te tree" (Grieks: , draō). Die opvoer van drama in die teater, uitgevoer deur akteurs op ’n verhoog voor ’n gehoor, voorveronderstel samewerkende metodes van produksie en ’n kollektiewe vorm van ontvangs. Die vroeë moderne tragedie Hamlet (1601) deur Shakespeare en die klassieke Ateense tragedie Koning Oedipus (c. 429 v.C.) deur Sophokles val onder die meesterwerke van die dramakuns. ’n Moderne voorbeeld is Long Day's Journey Into Night deur Eugene O'Neill (1956).

Die twee maskers geassosieer met drama verteenwoordig die tradisionele genre-onderskeiding tussen komedie en tragedie. Dit is simbole vir die Ou Griekse muses, Talia en Melpomene. Talia was die muse van komedie (laggende gesig), terwyl Melpomene die muse van tragedie was (huilende gesig). Drama is algemeen as ’n poësie-genre beskou en het gestaan teenoor die Epiek en Liriek sedert Aristoteles se Poëtika (circa 335 v.C.)—die vroegste werk oor dramateorie.Francis Fergusson skryf dat "a drama, as distinguished from a lyric, is not primarily a composition in the verbal medium; the words result, as one might put it, from the underlying structure of incident and character. As Aristotle remarks, 'the poet, or "maker" should be the maker of plots rather than of verses; since he is a poet because he imiates, and what he imitates are actions'" .

Die gebruik van "drama" in die beperkte sin om ’n spesifieke soort toneelstuk aan te dui, dateer uit die 19de eeu. Drama in hierdie sin verwys na ’n toneelstuk wat nie ’n komedie of tragedie is nie — byvoorbeeld, Zola se Thérèse Raquin (1873) of Tsjechof se Ivanov (1887). Dit is hierdie beperkte sin wat die rolprent- en televisiebedryf asook rolprentstudies aangeneem het om "drama" te beskryf as ’n genre binne hulle onderskeie rigtings.Sien ook Wikipedia se Lys van drama-films. "Radiodrama" is in beide sinne gebruik — oorspronklik uitgesaai as lewendige optrede, en ook al gebruik om die ernstiger kant van dramatiese uitsette van radio te beskryf.

Drama word dikwels met musiek en dans gekombineer: die drama in opera word algemeen enduit gesing; musiekspele sluit gewoonlik beide gesproke dialoog en liedere in; en sekere vorme van drama het bykomende musiek of musikale begeleiding wat die dialoog ondersteun (byvoorbeeld melodrama en Japannese No-spel).Sien inskrywings vir "opera", "musical theatre, American", "melodrama" en "Nō" in . Gedurende sekere periodes in die geskiedenis (Ou Roomse en moderne romantiek) is sekere dramas geskryf om gelees eerder as om opgevoer te word.Manfred deur Byron is ’n goeie voorbeeld van ’n "dramagedig." Sien die inskrywings oor "Seneca" en "Byron (George)" in . Met improvisasie bestaan die drama nie vooraf nie en kunstenaars maak spontaan ’n dramateks op tydens uitvoering voor die gehoor.Sekere vorme van improvisasie, vernaam die Commedia dell'arte, improviseer volgens die basis van 'lazzi' of vae algemene trekke van dramatiese aksie en . Alle improvisasievorme volg uit voorbeelde van oombliklike reaksie op mekaar, hul karakters se situasie (wat soms vooraf vasgestel word), en dikwels die interaksie met die gehoor. Die klassieke formulerings van improvisasie in teater het ontstaan met Joan Littlewood en Keith Johnstone in die VK en Viola Spolin in die VSA; sien en .

Geskiedenis van Westerse drama Klassieke Griekse drama Westerse drama se oorsprong lê in Klassieke Griekeland., , , en . Taxidou, p. 104 noem dat "most scholars now call 'Greek' tragedy 'Athenian' tragedy, which is historically correct" . Brown skryf dat Ou Griekse drama "was essentially the creation of classical Athens: all the dramatists who were later regarded as classics were active at Athens in the 5th and 4th centuries BCE (the time of the Athenian democracy), and all the surviving plays date from this period" . "The dominant culture of Athens in the fifth century", Goldhill skryf, "can be said to have invented theatre" . Die teaterkultuur van die Atheense stad-staat het drie genres in drama opgelewer: tragedie, komedie en die saterspel. Hul oorsprong is duister, hoewel dit teen die vyfde eeu v.C. geïnstitusionaliseer is in wedstryde wat gehou is as deel van feesvieringe vir die god Dionysos. Historici is bekend met die name van heelwat Ou Griekse dramaturge, onder andere Thespis, wat die krediet kry vir die skep van akteurs ("hipokriete") wat praat (eerder as sing) en ’n karakter (eerder as homself) vertolk, in wisselwerking met die koor en die se leier ("coryphaeus"), tradisioneel deel van die opvoering van nie-dramatiese poësie (ditirambes, liriek en epiek)..

Slegs ’n klein gedeelte van die werke van vyf dramatici het egter tot vandag oorleef: ons het ’n klein aantal volledige tekste deur die tragici Aeschylus, Sophokles en Euripides, en die komedieskrywers Aristofanes en, vanaf die laat 4de eeu, Menander.Die teorie dat Prometheus geboei nie deur Aeschylus geskryf is nie sal die getal neem na ses dramatici wie se werke oorleef het. Aeschylus se geskiedkundige tragedie Die Perse is die oudste oorlewende drama, alhoewel toe dit eerste prys gewen het by die Stads-Dionysia in 472 v.C., was hy alreeds 25 jaar lank aan die skryf. Die kompetisie ("agon") vir tragedies kon so ver terug as vroeg 534 v.C. begin het; amptelike dokumente ("didaskaliai") kom vanaf 501 v.C. te voorskyn, met die saterspel se bekendstelling. Daar is van tragedieskrywers vereis om ’n tetralogie van toneelstukke te lewer (hoewel die individuele werke nie noodwendig aan mekaar gekoppel is deur storie of tema nie), wat gewoonlik uit drie tragedies bestaan het en een saterspel (hoewel uitsonderings gemaak is, soos Euripides se Alkestis in 438 v.C.). Komedie is amptelik met ’n prys erken in die kompetisie vanaf 487 tot 486 v.C.

Vyf komedieskrywers het aan die Groot Dionysia deelgeneem (hoewel dit tydens die Peloponnesiese oorlog tot drie verminder kon gewees het), elk met ’n enkele komedie. Attiese komedie word tradisioneel verdeel tussen "ou komedie" (5de eeu v.C.), "middelkomedie" (4de eeu v.C.) en "nuwe komedie" (laat 4de eeu tot 2de eeu v.C.).

Klassieke Romeinse drama duimnael|links|Tragedie en komedie, Romeinse mosaïek Met die uitbreiding van die Romeinse Republiek (509-27 v.C.) tot in verskeie Griekse gebiede tussen 270-240 v.C., kom Rome in aanraking met Griekse drama. In die later jare van die Republiek en deur middel van die Romeinse ryk (27 v.C.-476 n.C.), versprei teater weswaarts deur Europa, rondom die Middellandse See en bereik Engeland; Romeinse teater was meer afwisselend, uitgebreid en gesofistikeerd as die van enige voorafgaande kultuur.

Hoewel daar voortgegaan is met die opvoer van Griekse drama regdeur die Romeinse periode, merk die jaar 240 v.C. die begin van gereelde Romeinse drama.. Sedert die ontstaan van die Ryk het belangstelling in vollengte drama afgeneem ten gunste van ’n groter verskeidenheid teatrale vermaaklikhede. Die eerste vername werke van Romeinse letterkunde is die tragedies en komedies wat Livius Andronikus vanaf 240 v.C. neergepen het. Vyf jaar later begin Gnaius Naevius ook met die skryf van dramas. Geen toneelstukke van die twee het egter oorleef nie. Hoewel beide dramatici in die twee genres werke gelewer het word Andronikus meeste vereer vir sy tragedies en Naevius vir sy komedies; hulle opvolgers was geneig om in een van die twee te spesialiseer, wat gelei het tot ’n skeiding in die daaropvolgende ontwikkeling van die twee soorte drama.

Met die begin van die 2de eeu v.C. was drama stewig gevestig in Rome en ’n skrywersgilde (collegium poetarum) was reeds gevestig. Die oorlewende Romeinse komedies is alles fabula palliata (komedies gebaseer op Griekse onderwerpe) en is afkomstig van twee dramaturge: Titus Maccius Plautus (Plautus) en Publius Terentius Afer (Terentius). Met die herverwerking van die oorspronklike Griekse dramas het die Romeinse komedieskrywers die rol van die koor afgeskaf deur die drama in episodes te verdeel en musikale begeleiding tot die dialoog (tussen ’n derde van die dialoog in Plautus se komedies en twee derdes in die van Terentius) bekend te stel. Die aksie van al die tonele geskied in die buitelug soos ’n straat en die verwikkelinge was dikwels die gevolg van afluistery.

Plautus, die gewilder een onder die twee, skryf tussen 205 en 184 v.C., en twintig van sy komedies bly behoue, waarvan sy klugte die bekendste is; hy is bewonder vir die vernuf van sy dialoog en sy gebruik van ’n verskeidenheid poëtiese metrums. Al ses van Terentius se komedies, tussen 166 en 160 v.C. geskryf, het behoue gebly; die kompleksiteit van sy plotte, waarin hy dikwels verskeie oorspronklik Griekse temas verweef het, is soms afgeskiet, maar sy dubbele plotte het ’n ingewikkelde vertoning van kontrasterende menslike optrede aangehelp. Geen vroeë Romeinse tragedies het behoue gebly nie, hoewel dit hoogs aangeskrewe was in hulle dag; historici is bewus van drie vroeë tragedieskrywers — Quintus Ennius, Marcus Pacuvius en Lucius Accius.

Uit die Ryk se tyd het die werke van twee tragedieskrywers behoue gebly — een onbekend en die ander die werk van die Stoïsynse filosoof, Lucius Annaeus Seneca. Nege van Seneca se tragedies bly behoue, waarvan almal fabula crepidata is (tragedies aangepas vanuit Griekse oorspronklikes); sy Phaedra is byvoorbeeld gebaseer op Euripides se Hippolutos. Historici weet nie wie die enigste nog bestaande voorbeeld van die fabula praetexta (tragedies gebaseer op Romeinse onderwerpe), Oktavia, geskryf het nie, maar dit is vroeër verkeerdelik aan Seneca toegedeel omrede sy verskyning as karakter in die tragedie.

Middeleeue Tydens die Middeleeue het drama binne die Europese omgangstale moontlik ontwikkel vanuit godsdienstige uitbeeldings van die liturgie. Misteriespele is opgevoer in die buiteportale van katedrale of deur rondlopende spelers tydens feesdae. Mirakel- en misteriespele, saam met moraliteitspele en tussenspele ontwikkel later tot meer breedvoerige vorme van drama, soos wat op die Elisabethaanse verhoë gesien kon word.

Elizabethaanse en Jakobeaanse era

Een van die groter bloeitydperke in Engelse drama het in die 16de en 17de eeu voorgekom. Heelwat van die toneelstukke is in versformaat geskryf, spesifiek jambiese pentameter. Bykomend tot Shakespeare was skrywers soos Christopher Marlowe, Thomas Middleton,en Ben Jonson prominente toneelskrywers uit die tydperk. Net soos in die Middeleeue, het historiese spele die lewens van afgestorwe konings gevier en so die beeld van die Tudorvorste versterk. Outeurs uit die tydperk verkry van hulle storielyne uit Griekse en Romeinse mitologie of toneelstukke van gevierde Romeinse dramatici soos Plautus en Terentius.

Moderne en postmoderne era