Pius I was die tiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Pius IPius I, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica. is in Illyrië gebore vermoedelik in die dorp Aquileia in Noord-Italië en oorlede in 157 of 161. Die naam Pius beteken “Die Vrome”. In 140 of 146 volg hy Pous Higinus op en word na sy dood opgevolg deur Pous Anicetus. Sy vader se naam was Rufinus en sy broer Hermas. Hermas was waarskynlik die skrywer van Die Herder van Hermas. Hermas noem homself 'n slaaf, dit versterk die vermoede dat Pius I self 'n vrygelate slaaf was.
Pontifikaat Hy word beskou as die oprigter van een van die oudste kerke in Rome, die Santa Pudenziana. Hy het baie met die gnostisisme te kampe gehad.
Verering Pius I sou met 'n swaard vermoor gewees het. Hy word as martelaar en heilige vereer en word in die brevier genoem. Sy feesdag is op 11 Julie.
Verwysings Duchesne, (Ed.) Liber Pontificalis, I. Preuschen, (Ed.) Analecta I, Tubingen 1910.
Eksterne skakels
Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.
Opvolging
Pius I Pius I