is 'n Japannese skrywer. Sy boeke en verhale is topverkopers in beide die Japannese en internasionale mark.

Sy boeke is in vyftig tale vertaal,Curtis Brown (2014), "Haruki Murakami now available in 50 languages", curtisbrown.co.uk, 27 Februarie 2014: "Following a recent Malay deal Haruki Marukami's work is now available in 50 languages worldwide." en miljoene eksemplare daarvan is wêreldwyd verkoop.McCurry, Justin, "Secrets and advice: Haruki Murakami posts first responses in agony uncle role", The Guardian, 16 Januarie 2015.

Sy werk het verskeie pryse gewen, insluitend die Wêreld Fantasie-prys, Frank O'Connor Internasionale Kortverhaal-prys, Franz Kafka-prys, en die Jerusalem-prys.

Murakami se noemenswaardige werke sluit in A Wild Sheep Chase (1982), Norwegian Wood (roman) (1987), The Wind-Up Bird Chronicle (1994–95), Kafka on the Shore (2002) en 1Q84 (2009–10). Hy het ook werke van onder andere Raymond Carver en J.D. Salinger in Japannees vertaal.

Sy fiksie, wat somtyds gekritiseer is deur die Japannese literêre establishment as on-Japannees, en is beïnvloed deur Westerse skrywers soos !--CARVER, SALINGER, KAFKA are already cited above and below, so we add three other main ones here:--> Raymond Chandler, Kurt Vonnegut en Richard Brautigan.

Sy werk is dikwels van 'n surrealistiese en melancholiese of fatalistiese aard, en word deur 'n Kafkaeske weergawe van die "herhalende temas van sosiale vervreemding en eensaamheid" gekenmerkEndelstein, Wendy, What Haruki Murakami talks about when he talks about writing, UC Berkeley News, 15 Oktober 2008, besoek op 12 Augustus 2014. wat hy vervleg in sy diskoerse. Steven Poole van The Guardian het Murakami geprys as "van die wêreld se grootste lewende romansiers".

Biografie Murakami is in Kioto, Japan na die Tweede Wêreldoorlog gebore, en het in Shukugawa (Nishinomiya), Ashiya en Kobe gewoon."Murakami Asahido", Shincho-sha,1984 Hy was 'n enkelkind. Sy vader was die seun van 'n Boeddhistiese priester, en sy moeder die dogter van 'n handelaar uit Osaka. Beide het onderrig gegee in Japannese letterkunde.

Murakami is sedert sy jeug, net soos Kōbō Abe, beïnvloed deur Westerse kultuur; veral Westerse en Russiese musiek en letterkunde. Hy het tydens sy jeug 'n groot aantal boeke deur Europese en Amerikaanse skrywers soos Franz Kafka, Gustave Flaubert, Charles Dickens, Kurt Vonnegut, Fjodor Dostojefski, Richard Brautigan en Jack Kerouac gelees.Williams, Richard, "Marathon man", The Guardian, 17 Mei 2003. Hierdie Westerse invloede onderskei Murakami van die meerderheid Japannese skrywers.

Murakami het drama gestudeer aan die Waseda-universiteit in Tokio waar hy Yoko (sy huweliksmaat) ontmoet het. Hy was aanvanklik werksaam by 'n platewinkel. Kort voordat hy sy studies klaargemaak het, het Murakami 'n koffiewinkel en 'n jazz-kroeg genaamd Peter Cat, in Kokubunji, Tokio oopgemaak, wat hy van 1974 tot 1981 bedryf het saam met sy vrou. Die paartjie is kinderloos.

Murakami is 'n ernstige marathon drawwer en 'n driekamp-entoesias, alhoewel hy nie begin draf het totdat hy drie-en-dertig jaar oud was nie. Op 23 Junie 1996 het hy sy eerste ultramarathon voltooi, 'n 100 km resies rondom die Saroma-meer in Hokkaido, Japan. Hy werp ook lig op sy verhouding met draf in sy 2008 memoir What I Talk About When I Talk About Running.

Skryfloopbaan Trilogie van die Rot Murakami het fiksie begin skryf toe hy nege-en-twintig jaar oud was. "Voor dit", het hy gesê, "Het ek nie enigiets geskryf nie. Ek was maar net een van daardie ordinêre mense. Ek het 'n jazz klub bedryf, en het absoluut niks geskep nie." Hy is geïnspireer om sy eerste roman, Hear the Wind Sing (1979), te skryf tydens 'n bofbalwedstryd.

In 1978 het Murakami in die Jingu Stadion 'n wedstryd tussen die bofbalspanne Yakult Swallows en die Hiroshima Carp bygewoon toe die Amerikaner Dave Hilton uitgestap het om te kolf. Ingevolge 'n dikwels-herhaalde staaltjie, het Murakami op die oomblik toe Hilton 'n dubbelbof geslaan het, skielik besef dat hy 'n roman kon skryf.

Hy het die gevoel beskryf as 'n "warm sensasie" wat hy steeds in sy hart kan voel. Hy het huistoe gegaan en daardie selfde dag nog begin skryf aan die boek. Murakami het vir tien maande aan Hear the Wind Sing gewerk, in baie kort strekke, gedurende nagte en na werksdae by die kroeg. Hy het die roman voltooi en dit aangestuur na die enigste literêre kompetisie wat 'n werk van daardie lengte sou aanvaar, en daarmee eersteprys gewen.

Murakami se aanvanklike sukses met Hear the Wind Sing het hom aangemoedig om voort te gaan met skryf. 'n Jaar later het hy 'n opvolg daarop geskryf naamlik Pinball (1973) . In 1982 het hy A Wild Sheep Chase gepubliseer, wat 'n kritiese sukses was. Hear the Wind Sing, Pinball (1973), en A Wild Sheep Chase vorm die Trilogie van die Rot , ('n opvolgboek, Dance, Dance, Dance, is geskryf maar word nie as deel van die reeks beskou nie) wat gesentreer is rondom dieselfde onbekende verteller en sy vriend, "die Rot".

Die eerste twee romans was tot 2015 nie geredelik beskikbaar in Engelse vertaling buite Japan nie, alhoewel 'n Engelse uitgawe, vertaal deur Alfred Birnbaum met uitvoeringe notas, gepubliseer is deur Kodansha as deel van 'n reeks wat bedoel is vir Japannese studente van Engels. Murakami beskou egter sy eerste twee romans as "onvolwasse" en "swak", en was tot dusver nie gretig om hulle te laat vertaal in Engels nie. Hy het onder meer gesê dat A Wild Sheep Chase "die eerste boek was waar ek 'n tipe sensasie kon voel, die vreugde van storievertel. Wanneer jy 'n goeie verhaal lees, hou jy net aan met lees. Wanneer ek 'n goeie verhaal skryf, hou ek net aan met skryf."

Wyer ontvangs In 1985 het Murakami Hard-Boiled Wonderland and the End of the World geskryf. Dit is 'n droomagtige fantasie wat die magiese eienskappe van sy werk 'n stap verder neem. Murakami het 'n groot deurbraak gemaak en nasionale erkenning ontvang in 1987 met die publikasie van Norwegian Wood. Dit is 'n nostalgiese verhaal van verlies en seksualiteit. Miljoene eksemplare daarvan is verkoop aan jong Japannese.

Norwegian Wood het die skaars bekende Murakami in die kalklig geplaas. Hy is by lughawens en ander openbare plekke geteister, wat gelei het tot sy vertrek uit Japan in 1986.

Murakami het deur Europa gereis en in die VSA gewoon. Hy is tans woonagtig in Oiso, Kanagawa, met 'n kantoor in Tokio.

Murakami was 'n skrywersgenoot aan Princeton-universiteit in Princeton, Nieu Jersey, asook aan Tufts-universiteit in Medford, Massachusetts, en Harvard-universiteit in Cambridge, Massachusetts. Gedurende die tyd het hy South of the Border, West of the Sun en The Wind-Up Bird Chronicle geskryf.

Van "ingetoënheid" na "toewyding" The Wind-Up Bird Chronicle (1995) versmelt die realistiese met die fantastiese gegewe en bevat elemente van fisiese geweld. Dit is ook meer maatskaplik ingesteld as sy vorige werk, en handel deels met die ingewikkelde onderwerp van oorlogsmisdade in Mantsjoerye (ook bekend as Noord-Oos Sjina). Die roman het die Yomiuri-prys gewen, wat toegeken is deur een van Murakami se felste voormalige kritici, Kenzaburō Ōe, wat in 1994 die Nobelprys vir Letterkunde gewen het.

Die verwerking van kollektiewe trauma het gou 'n belangrike tema in Murakami se skryfwerk geword, wat voorheen meer persoonlik van aard was. Murakami het na Japan teruggekeer in die nasleep van die Kobe-aardbewing en die Aum Shinrikyo gasaanval. Hy het hierdie gebeure probeer verwerk deur sy eerste nie-fiksie werk, getitel Underground, en die kortverhaal bundel after the quake. Underground bestaan grootliks uit onderhoude met slagoffers van die gasaanvalle in die Tokyo metrospoor stelsel.

Murakami noem self dat hy sy posisie verander het van een van "ingetoënheid" na een van "toewyding" nadat hy in 1991 in die Verenigde State gewoon het. "Sy vroeë boeke," het hy gesê, "het voortgekom uit 'n indiwiduele donkerte, terwyl sy latere werke stukrag kry uit die donkerte wat gevind word in die samelewing en geskiedenis."

Engelse vertalings van baie van sy kortverhale wat geskryf is tussen 1983 en 1990 is gebundel in The Elephant Vanishes. Murakami het ook onder andere baie van die werke van F. Scott Fitzgerald, Raymond Carver, Truman Capote, John Irving en Paul Theroux in Japannees vertaal.

Murakami het 'n aktiewe rol gespeel in die vertaling van sy werke in Engels; en die aanpassing van sy tekste tot Amerikaanse realiteite aangemoedig, eerder as om aan te dring op direkte en rigiede vertalings. Sommige van sy werke wat in Duits verskyn het is vertaal vanuit die Engelse vertalings, eerder as uit die oorspronklike Japannees.

Sedert 2000 Sputnik Sweetheart is die eerste keer in 1999 gepubliseer, gevolg deur Kafka on the Shore in 2002, met die Engelse vertaling wat in 2005 gevolg het. Kafka on the Shore het in 2006 die Wêreld Fantasie Toekenning vir Romans gewen. Die Engelse weergawe van sy roman After Dark is in 2007 uitgegee. Dit is deur The New York Times gekies as een van die noemenswaardigste boeke van die jaar.

Murakami het aan die einde van 2005 'n versameling kortverhale gepubliseer met die titel Tōkyō Kitanshū, of 東京奇譚集, wat losweg vertaal kan word as "Geheime van Tokio". 'n Versameling van die Engelse weergawes van vier-en-twintig kortverhale, getiteld Blind Willow, Sleeping Woman, is in Augustus 2006 gepubliseer. Hierdie versameling sluit beide ouer werke uit die 1980's, sowel as sommige van Murakami se meer onlangse kortverhale in, insluitende vyf wat verskyn het in Tōkyō Kitanshū.

In 2002 het Murakami die bundel Birthday Stories gepubliseer, 'n versameling kortverhale met verjaardae as tema. Die versameling sluit werke deur Russell Banks, Ethan Canin, Raymond Carver, David Foster Wallace, Denis Johnson, Claire Keegan, Andrea Lee, Daniel Lyons, Lynda Sexson, Paul Theroux en William Trevor in, sowel as 'n storie deur Murakami self. What I Talk About When I Talk About Running bevat verhale oor sy ondervindinge as 'n marathondrawwer en driekamp-atleet. Dit is in 2007 in Japan gepubliseer, met Engelse vertalings wat in 2008 verskyn het in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die titel is 'n toespeling op dié van Raymond Carver se kortverhaalbundel, What We Talk About When We Talk About Love.

Die literêre uitgewersmaatskappy Shinchosha het Murakami se roman 1Q84 op 29 Mei 2009 uitgebring in Japan. 1Q84 word uitgespreek as "ichi kyū hachi yon", op dieselfde wyse as Nineteen Eighty-Four (Negentien-vier-en-tagtig – 1984), soos nege ook uitgespreek word as "kyū" in Japannees.

Die boek is in 2011 op die langlys geplaas vir die Man Asian Literêre-pys. Die boek is egter na die anti-Japannese demonstrasies van 2012 saam met die werke van ander Japannese skrywers van China onttrek.

Murakami het die Sjinees-Japannese gebiedsdispuut gekritiseer en die uitermatige nasionalistiese reaksie beskryf as "goedkoop arbeid" wat politici aan die publiek verskaf.

In April 2013 het hy die roman Colorless Tsukuru Tazaki and His Years of Pilgrimage gepubliseer. Dit het 'n internasionale bliteverkoper geword, maar het gemengde resensies ontvang.

Killing Commendatore (Kishidancho Goroshi) is Murakami se mees onlangse werk. Dit is op 24 Februarie 2017 in Japan gepubliseer en in Oktober 2018 in die Verenigde State. Die genre daarvan is historiese fiksie. Dit het kontroversie in Hong Kong veroorsaak. Die roman is in Hong Kong geklassifiseer as "Klas II - onwelvoeglik". Die klassifikasie het gelei tot 'n groot aantal gevalle van sensorskap.

Skryfstyl Die meeste van Haruki Murakami se werke maak gebruik van die Eerstepersoons-vertelstyl in die tradisie van die Japannese I Roman. Hy het ook gekonstateer dat omdat familie 'n beduidende rol in die Japannese letterkunde speel; enige onafhanklike hoofkarakter 'n man word wat vryheid en eensaamheid bo intimiteit verkies.