Die MiG-31 is 'n Russiese vegvliegtuig wat ontwikkel is vanaf die MiG-25 en het die Toepolef Tu-28 vervang as die hoof-langstrekonderskepper.
In verslae van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) word na die MiG-31 as Foxhound verwys.
Ontwikkeling van die vliegtuig het in 1970 begin en die prototipe, Ye-155MO, het sy nooiensvlug in 1975 voltooi. Die eerste van 300 eenhede is vanaf 1979 aan die Russiese Lugmag gelewer. Alhoewel die MiG-31 deur die MiG-25 geïnspireer is, was dit 'n nuwe alleweerstoestand-, allehoogte-vliegtuig waarvan die raamwerk gebou is van nikkelstaal, ligte allooie en titanium. Dit was nodig om te verseker die vliegtuig voldoen aan die hoë werkverrigtingomgewing waaraan dit moes vlieg.
Dit was toegerus met gesofistikeerde Flash Dance-radar. Dit is in daardie stadium beskou as die kragtigste radar in 'n vegvliegtuig, dit kon 200 km vorentoe sien, asook agter en onder die vliegtuig. Dit is beheer deur die tweede bemanningslid en kon tien teikens volg en vier tegelykertyd aanval nadat dit bepaal het watter teikens die grootste bedreiging is.
Latere modelle is van 'n invlughervullingsgerief voorsien wat hulle togafstand verbeter het. Ook kon die vliegtuie se databanke met mekaar kommunikeer sodat vliegtuie inligting oor teikens en taktiese situasies kon uitruil.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Mikoyan-Gurevich MiG-31: Item Statistiek Aantal motors 2 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Aviadvigatel D-30F6-turbowaaier met nabrander Kraglewering per motor 15 520 kg stukrag Vlerkspan 13,464 m Lengte 22,7 m Hoogte 6,15 m Vlerkoppervlakte 61,6 m2 Maks. opstygmassa 46 200 kg Maks. snelheid 3 000km/h Operasionele hoogte 20 618 m Togafstand 720 km teen Mach-3 met vol vrag Klimvermoë 10 000 m in sewe minute, 54 sekondes Bewapening Een 23 mm-kanonvier AA-9 Amos-langstrek-lug-tot-lug-missiele onder romp,twee AA-6 Acrid-lug-tot-lug-missiele en vier AA-8 Aphid-lug-tot-lug-missiele onder vlerke
Sien ook Lys van vegvliegtuie Kh-47
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Mikojan Kategorie:Russiese wapentuig