duimnael|GOOD logo. GOOD is 'n Suid-Afrikaanse politieke party. Die party is op 2 Desember 2018 deur die voormalige burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, en ander ontevrede oud-Demokratiese Alliansie-lede geloods.Patricia de Lille names her party 'Good'.Retrieved on 2018-12-03.

Stigting links|duimnael|Patricia de Lille, leier en stigterslid van die party Patricia de Lille is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy is in 1994 as 'n Pan Africanist Congress (PAC)-lid tot die Nasionale Vergadering verkies. Sy het vele leierskapsposisies in die party gehad. Gedurende die vloerkruistydperk van 2003 het sy van die PAC weggebreek en die Onafhanklike Demokrate (OD) gevorm. Die party was die eerste politieke party in Suid-Afrika wat gelei word deur 'n vrou wat verkiesings betwis en setels gewen het. In 2010, na vergaderings tussen die Demokratiese Alliansie Federale Uitvoerende Komitee en die Onafhanklike Demokrate Uitvoerende Beampte, is aangekondig dat die OD en die DA sal saamsmelt. Lede van die Onafhanklike Demokrate het aanvanklik dubbele partylidmaatskap gehou. Die OD is amptelik ontbind ná die algemene verkiesing in 2014.

In 2011 is De Lille deur die Demokratiese Alliansie gekies om die party se burgemeesterskandidaat in Kaapstad te wees. Sy is in Mei 2011 as burgemeester van Kaapstad verkies. Sy het tot Oktober 2018 gedien. Gedurende die laaste maande van haar burgemeesterskaploopbaan het die Demokratiese Alliansie De Lille daarvan beskuldig dat sy korrupsie in die munisipaliteit se sake weggesteek het. Sy het hierdie bewerings ten sterkste ontken. Toe De Lille as burgemeester bedank het, het sy ook bedank as 'n lid van die Demokratiese Alliansie, met die bewering dat die party mishandelend teenoor haar was. Shaun August en baie ander raadslede, insluitende die burgemeesterskomiteelid vir vervoer Brett Herron, het hul posisies bedank in protes teen die verwydering van De Lille. Hulle was almal lede van die vorige Onafhanklike Demokrate.DA Cape Town chief whip resigns in support of De Lille . Retrieved on 2018-12-03.

Op 18 November 2018 het Patricia de Lille die "For Good" politieke beweging en webwerf bekendgestel.De Lille announces new party to contest 2019 elections.Retrieved on 2018-12-03.

Op 2 Desember 2018 het De Lille die vorming van die "GOOD" politieke party in Houghton Estate, 'n voorstad van Johannesburg, aangekondig. By die bekendstelling van die politieke party was Shaun August en Brett Herron teenwoordig.De Lille: Good party's leadership to be elected after the 2019 polls. Retrieved on 2018-12-03.

Op 29 Mei 2019 het pres. Cyril Ramaphosa haar by sy kabinet ingesluit as minister van openbare werke en infrastruktuur. Tydens 'n kabinetskommeling in Maart 2023 is sy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Toerisme aangestel.

Verkiesingsveldtogte By die bekendstelling van die politieke party het De Lille gesê dat die manifes van die party en premierkandidate vroeg in 2019 aangekondig sal word. Die party is geregistreer by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en het ook aan die nasionale en provinsiale verkiesings in al die Suid-Afrikaanse provinsies in 2019 deelneem.

Op 5 Februarie 2019 het die party sy manifes geloods. Die party se manifes fokus op sleutelkwessies, soos die vermindering van die grootte van die nasionale kabinet, die vervolging van korrupte individue en die skrapping van die omstrede e-tolstelsel in Gauteng.De Lille launches Good manifesto . Verkry op 16 Februarie 2019.

Stigting van Unite for Change Op 5 Oktober 2025 is in Johannesburg bekendgemaak dat GOOD, RISE Mzansi en Build One South Africa gaan saamsmelt en die party, Unite for Change sal geregistreer word om aan die komende munisipale verkiesings in 2026 deel te neem.

Verkiesingsresultate Parlement Verkiesing Stemme % Setels 2019 70 408 0,40 2 2024 29 501 0,18 1

Nasionale Raad van Provinsies Verkiesing Setels 2019https://www.elections.org.za/NPEDashboard/app/dashboard.html 1

Provinsiale verkiesings Election Oos Kaap Vrystaat Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noordwes Noord Kaap Wes Kaap % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels 2019 0,24 0/63 0,08 0/30 0,20 0/73 0,11 0/80 0,03 0/49 0,06 0/30 0,12 0/33 0,83 0/30 3,01 1/42 2024 0,09 0/63 0,06 0/30 0,13 0/80 0,06 0/80 0,02 0/64 0,04 0/51 0,06 0/38 0,47 0/30 1,13 1/42

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika