duimnael|Die Verheerliking van Jesus, skildery deur Raphael, ca. 1520 duimnael|Ikoon van Jesus se Verheerliking deur Theophanes die Griek, 15de eeu
Verheerliking van Jesus of Transfigurasie (Latyn: transfiguratio Domini; Grieks: μεταμόρφωσις, metamorphosis) verwys na 'n openbaringsgebeurtenis wat volgens die kanonieke evangelies drie van die twaalf Apostels beleef het, toe Jesus in 'n spesiale, getransformeerde vorm saam met die profete Moses en Elia op 'n berg verskyn het. Drie van die vier kanonieke evangelies beskryf die gebeurtenis: Matteus (17,2), Markus (9,2) en Lukas (9,29).
Volgens dié Bybelse verhaal in die Nuwe Testament het Jesus saam met drie Apostles – Simon Petrus, Jakobus die Grote en Johannes – na 'n berg gegaan (glo Berg Tabor in Galilea Festival icons for the Christian year by John Baggley 2000 bl. 58–60) om te bid. Op die berg het Jesus met helder ligstrale begin skyn. Vervolgens het die profete Moses en Elia – die wetgewing en Profesie van die ou bond verteenwoordigend – langs hom verskyn en hulle het begin praat. Jesus is toe deur 'n stem in die hemel – glo dié van God – "Seun" genoem, soos tydens die doop van Jesus. Die drie Apostels val geskrik op die grond. Die apostel Petrus stel voor om drie hutte te bou, wat na die Joodse Soekkot verwys.
In die drie evangelies word twee verskeie tydperke vir die duur van dié gebeurtenis aangegee. Matteus (17,1) en Markus (9,2) noem ses dae, terwyl Lukas (9,28) 'n tydperk van omtrent agt dae noem. In die Joodse kalender is twee groot herdenkings net vyf dae uitmekaar: Jom Kippoer, die groot Versoeningsdag, en Soekkot, die Loofhuttefees wat sewe dae gevier word. Op Jom Kippoer uiter die Hoëpriester van die Jode tydens 'n feestelike seremonie die naam van God – JHWH – in die Allerheiligste van die tempel. Die datering van die Verheerliking dui op die laaste dag van Soekkot.
Baie Christelike tradisies, insluitende die Oosters-Ortodokse, Rooms-Katolieke en Anglikaanse kerke, herdenk die Verheerliking van Jesus. In die Westerse kerke word die Verheerliking op 6 Augustus volgens die Gregoriaanse kalender gevier, Christian liturgy by Ignatius Puthiadam 2003 bl. 169 terwyl die Oosterse kerke dié gebeurtenis op 19 Augustus volgens die Juliaanse kalender herdenk. Die fees in in 1456 deur pous Callixtus III in die liturgiese kalender van die Rooms-Katolieke Kerk opgeneem, nadat op 6 Augustus dié jaar die Christelike oorwinning oor die Ottomaanse Ryk tydens die Beleg van Belgrado in Rome bekend geword het. Die Verklärung des Herrn. In: Ökumenisches Heiligenlexikon (heiligenlexikon.de). Besoek op 8 Februarie 2023.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Jesus Kategorie:Nuwe Testament Kategorie:Christelike feeste en herdenkings