Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kanuri (volk).

Kanuri is 'n Nilo-Sahariese taal wat deur sowat 7,9 miljoen mense rondom die Tsjadmeer gepraat word. Kanuri word deur die Kanuri-volk in die lande Kameroen, Niger, Nigerië en Tsjad gebesig. Nes Luo behoort Kanuri tot die mees gebruikte Nilo-Sahariese tale, 'n aparte taalfamilie in Afrika.

duimnael|links|Verspreiding van Kanuri in Niger Die basiese woordorde van Kanuri-sinne is onderwerp-voorwerp-werkwoord. Kanuri is tradisioneel 'n plaaslike lingua franca, maar die gebruik daarvan het oor die afgelope dekades afgeneem. Die meeste moedertaalsprekers praat Hausa of Arabies as 'n tweede taal. Van die min leenwoorde in Kanuri is meestal van Arabiese oorsprong.

Sowel in Nigerië asook in Niger is Kanuri die vyfde mees gebruikte taal; in Nigerië na Hausa, Igbo, Joroeba en Fulfulde, en in Niger na Hausa, Songhai, Tamasheq en Fulfulde.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nilo-Sahariese tale Kategorie:Tale van Kameroen Kategorie:Tale van Niger Kategorie:Tale van Nigerië Kategorie:Tale van Tsjad