Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Luo (volk).

Luo (Dholuo, [d̪ólúô]) is 'n Nilo-Sahariese taal wat deur sowat 4,2 miljoen mense rondom die Victoriameer gepraat word. Nes Kanuri behoort Luo tot die mees gebruikte Nilo-Sahariese tale, 'n aparte taalfamilie in Afrika. Luo word veral in die lande Kenia en Tanzanië deur die Luo-volk gebesig.

duimnael|links|Kaart van die Victoriameer, waar die Sewendedagadventiste van die Brits-Oos-Afrika-sending gewerk het. Rusinga-eiland en die stad Kisii is gemerk Luo is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Dit word in die Latynse alfabet geskryf.

In Kenia is Luo die derde mees gebruikte taal net na Swahili en Kikuyu, terwyl dit in Tanzanië net een van baie minderheidstale is.

Luo is onderling verstaanbaar met Alur, Lango, Acholi en Adhola in Uganda. Luo en die voorgenoemde Uganda-tale is almal verwant aan Dinka en Nuer in Suid-Soedan en Anuak in Ethiopië as gevolg van 'n gemeensame etniese oorsprong van die Luo-volke wat Luo-tale besig.

Volgens skattings besit Dholuo 'n leksikale 90%-ooreenkoms met Lep Alur (Alur-taal), 83% met Lep Achol (Acholi-taal), 81% met Lango, 93% met Dhopadhola (Padhola-taal), 74% met Anuak en 69% met Jurchol (Luwo) en Dhi-Pari (Pari). Ten spyte van 'n gemeensame etniese oorsprong word hulle egter as tale op hul eie reg beskou wat deur taalverskuiwing weens beweging in die geografiese ruimte ontwikkel het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nilo-Sahariese tale Kategorie:Tale van Kenia Kategorie:Tale van Tanzanië