duimnael|regs|300px|Monument op Fort Zeelandia, op 8 Desember 2009 deur president Ronald Venetiaan onthul.
Die Desember-moorde in Suriname, wat op 8 Desember 1982 plaasgevind het, word beskou as 'n keerpunt in die geskiedenis van Suriname. 'n Derde van die Surinaamse bevolking het hierna na Nederland gevlug en vorm tans 'n belangrike minderheid in die Nederlandse samelewing. Gedurende die Desember-moorde is 15 joernaliste, akademici en arbeidsleiers wat teen die militêre bewind in Suriname gekant was in Paramaribo vermoor. Die militêre bewind het agterna laat blyk dat die oorledenes doodgeskiet is terwyl hulle van die owerhede gevlug het, maar die omstandighede is nie heeltemal duidelik nie.
Die Desember-moorde het tot internasionale protes teen die regering van Desi Bouterse gelei en Nederland, die voormalige koloniale moondheid, het ontwikkelingshulp gestaak. Niemand is ooit voor die hof gedaag oor die moorde nie, selfs nie nadat die militêre diktatorskap beëindig is nie.
Die vyftien slagoffers Die persone wat in die Desember-moorde omgekom het, is die volgende: John Baboeram, prokureur Bram Behr, joernalis Cyrill Daal, vakbondleier Kenneth Gonçalves, prokureur Eddy Hoost, prokureur André Kamperveen, joernalis Gerard Leckie, akademikus Sugrim Oemrawsingh, akademikus Lesley Rahman, joernalis Surendre Rambocus, militêre leier Harold Riedewald, prokureur Jiwansingh Sheombar, militêre leier Jozef Slagveer, joernalis Robby Sohansingh, besigheidsman Frank Wijngaarde, joernalis
Die verdagtes Die persone wat van die moorde verdink word sluit in: Errol Alibux Dick de Bie Etienne Boerenveen Desi Bouterse Benny Brondenstein Winston Caldeira Wim Carbière Steven Dendoe Iwan Dijksteel Roy Esajas Ernst Gefferie Arthy Gorré John Hardjoprajitno Orlando Heidanus Kenneth Kempes Iwan Krolis Lucien Lewis Harvey Naarendorp John Nelom Edgar Ritfeld Ruben Rozendaal Badrissein Sital Jimmy Stolk Imro Themen Marcel Zeeuw
Kategorie:Geskiedenis van Suriname