Flora (kleinplaneetnaam: 8 Flora) is ’n groot, helder voorwerp in die asteroïdegordel. Dit is die heel binneste "groot" asteroïde; geen asteroïde wat nader aan die Son lê, het ’n deursnee van meer as 25 km, of dié van Flora, nie. Voor die ontdekking van die klein 149 Medusa was Flora se wentelbaan gemiddeld die naaste aan die Son.Binsel, Richard P.; Gehrels, Tom and Matthews, Mildred Shapley (editors); Asteroids II; 1989, University of Arizona Press; ble. 1038-1040. Dit is die sewende helderste asteroïde, met ’n skynbare magnitude van +8,7 by opposisie.The Brightest Asteroids (geargiveer) Flora kan ’n magnitude van +7,9 bereik by ’n gunstige opposisie naby perihelium, soos in November 2007.
Flora kan die kernoorblyfsel van ’n uiters verhitte, termies ontwikkelde, gedifferensieerde planetesimaal wees wat later versteur is.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Asteroïede