duimnael|220px|Die Groote Kerk is die gebou van die oudste NG gemeente. duimnael|regs|180px|Stellenbosch se NG moedergemeente is die tweede oudste in Suid-Afrika. duimnael|180px|Die gebou van die Paarlse NG gemeente (die Strooidakkerk) is die oudste NG kerkgebou wat steeds in gebruik is. Die gemeente is die derde oudste.
duimnael|regs|180px|Tulbagh se ou NG kerkgebou is tans 'n museum. Dit is die vierde oudste NG gemeente in Suid-Afrika. duimnael|regs|180px|Die NG gemeente Swartland, die vyfde oudste gemeente, se geskiedkundige kerkgebou. duimnael|regs|180px|Die NG kerkgebou op Graaff-Reinet, sesde oudste gemeente in Suid-Afrika en oudste in die Oos-Kaap. regs|duimnael|180px|Swellendam is die sewende oudste gemeente. duimnael|regs|180px|NG gemeente George is die negende oudste in die Kerk en die agste oudste in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. duimnael|regs|180px|Cradock is die 11de ouste gemeente. Dié replika van St. Martin-in-the-Fields dateer van 1868. Nog 'n redelike getroue weergawe van die Londense kerk is die gebou van die gemeente Alberton-WesAlberton se interessante kerke duimnael|180px|Beaufort-Wes is die 12de oudste gemeente. Die kerkgebou is in 1892 opgerig, maar twee of wat van die ou kerk se mure het behoue gebly as deel van die nuwe. duimnael|regs|180px|Worcester se NG moederkerk, setel van die 14de oudste gemeente. duimnael|180px|Die meer as honderd jaar oue NG kerkgebou van Wynberg, die 20ste oudste gemeente in Suid-Afrika, 14de oudste in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en derde oudste in die Kaapse Skiereiland. duimnael|180px|NG gemeente Wellington is die 18de oudste in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en die 26ste in die NG Kerk. duimnael|regs|180px|Franschhoek se NG kerkgebou is net twee jaar jonger as die gemeente, die 32ste oudste. 180px|regs|duimnael|Die NG gemeente Calvinia is die 35ste oudste gemeente. duimnael|regs|180px|Die NG gemeente Hopefield is die 48ste gemeente. duimnael|regs|180px|NG gemeente Tarkastad, die 89ste gemeente. Die kerkgebou was op 12 Februarie 2015 reeds 135 jaar oud.
Die eerste honderd gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika gestig, chronologies gerangskik. Almal, buiten waar anders aangedui, is in die huidige Wes-en-Suid-Kaaplandse Sinode. Geografiese etikette dui op NG Sinodes en nie op huidige provinsies nie, omdat die sinodes en provinsies net breedweg ooreenstem, hoewel daar nege van elk is. Waar twee gemeentes in dieselfde jaar gestig is, word die juiste datum (indien beskikbaar) aangegee.
Eerste tien 1 Kaapstad - 1665 2 Stellenbosch - 1686 3 Paarl - 1691 4 Tulbagh - 1743 5 Swartland - 1745 6 Graaff-Reinet - 1792, Oos-Kaapland 7 Swellendam - 1798 8 Caledon - 1811 9 George - 1813 10 Uitenhage - 1817, Oos-Kaapland
1818 tot 1870 11 Cradock - 1818, Oos-Kaapland 12 Beaufort-Wes - 16 Mei 1820 (hoewel nie-amptelik reeds vroeg die vorige jaar) 13 Somerset-Wes - 1819 14 Worcester - 1821 15 Somerset-Oos - 1825, Oos-Kaapland 16 Durbanville - 1826 (6 Augustus) 17 Clanwilliam - 1826 (26 September) 18 Colesberg - 1826 (10 Desember), Oos-Kaapland 19 NG gemeente Glen Lynden - 1829, Oos-Kaapland 20 Wynberg - 1829 21 Albanie - 1831, Oos-Kaapland 22 Piketberg - 1833 23 Bredasdorp - 1839 (22 Maart) 24 Riversdal - 1839 (April) 25 Pietermaritzburg - 1839, KwaZulu-Natal 26 Wellington - 1840 27 Winburg - 1841, Oranje-Vrystaat 28 Potchefstroom - 1842, Wes-Transvaal 29 Prins Albert - 1842 (24 November) 30 Richmond - 1843 (2 November) 31 Victoria-Wes - 1844 32 Franschhoek - 1845 33 Mosselbaai - 1845 34 Burgersdorp - 1846, Oos-Kaapland 35 Calvinia - 1847 36 Napier - 1848 (26 Januarie) 37 Fauresmith - 1848 (11 Maart), Oranje-Vrystaat 38 Smithfield - 1848 (23 November), Oranje-Vrystaat 39 Bloemfontein - 1848 (30 November), Oranje-Vrystaat 40 Humansdorp - 1849, Oos-Kaapland 41 Harrismith - 1849, Oranje-Vrystaat 42 Namakwaland - 1850 43 Rustenburg - 1850, Noordelike Sinode 44 Lydenburg - 1850, Oostelike Sinode 45 Ladismith - 1851 (10 Februarie) 46 Fraserburg - 1851 (24 Februarie) 47 Knysna - 1851 48 Hopefield - 1851 (13 Desember) 49 Middelburg, Kaap - 1852 (19 Mei), Oos-Kaapland (smelt in 2010 saam met Middelburg-Uitsig) 50 Pietersburg - 1852 (10 April), Noordelike Sinode 51 Aliwal-Noord - 1852 (19 Mei), Oos-Kaapland 52 Robertson - 1853 (19 Januarie) 53 Oudtshoorn - 1853 (11 Oktober) 54 Darling - 1853 (Desember) 55 Queenstown - 1853 (16 Desember), Oos-Kaapland 56 Alexandria - 1854, Oos-Kaapland 57 Ladysmith - 1854, KwaZulu-Natal 58 Hopetown - 1854 (18 Februarie), Noord-Kaapland 59 Pretoria - 1854, Noordelike Sinode 60 Montagu - 1854 (16 Oktober) 61 Utrecht - 1854 (19 November), KwaZulu-Natal 62 Jansenville - 1855 (4 Februarie), Oos-Kaapland 63 Ceres - 1855 (21 Maart) 64 Murraysburg - 1855 (19 April), Oos-Kaapland 65 Sutherland - 1855 (28 April) 66 Aberdeen - 1855 (16 Oktober), Oos-Kaapland 67 Heidelberg, Suid-Kaap - 1855 68 Vishoek - 1855 (9 Desember) 69 Boshof - 1856, Oranje-Vrystaat 70 Hanover - 1856, Noord-Kaapland 71 Dordrecht - 1856 (14 Oktober), Oos-Kaapland 72 St. Stephens - 1857 73 Villiersdorp - 1858 (Januarie) 74 Riebeek-Wes - 1858 75 Greytown - 1859, KwaZulu-Natal 76 Pearston - 1859 (12 Oktober), Oos-Kaapland 77 Komga - 1859, Oos-Kaapland (bestaan nie meer nie) 78 Weenen - 1859, KwaZulu-Natal 79 Jacobsdal - 1860, Oranje-Vrystaat 80 Kroonstad - 1860, Oranje-Vrystaat 81 Waterberg (Nylstroom, Modimolle) - 1860, Oostelike Sinode 82 Wakkerstroom - 1861, Noordelike Sinode 83 Lady Grey - 1861 (November/Desember), Oos-Kaapland 84 Philippolis - 1862, Oranje-Vrystaat 85 Bethulie, Oranje-Vrystaat – 1862 86 Edenburg - 1862, Oranje-Vrystaat 87 Greykerk - 1862, Oos-Kaapland (bestaan nie meer nie) 88 Alice - 1862, Oos-Kaapland (bestaan nie meer nie) 89 Tarkastad - 1863, Oos-Kaapland 90 Philadelphia - 1863 91 Riebeek-Kasteel - 1863 92 Willowmore - 1864, Oos-Kaapland 93 Heidelberg, Gauteng - 1865, Hoëveld 94 Uniondale - 1866 95 Hartbeesfontein - 1866, Wes-Transvaal 96 Middelburg, Transvaal - 1866, Oostelike Sinode 97 Zeerust - 1868, Wes-Transvaal 98 Bethlehem - 1869, Oranje-Vrystaat (bestaan nie meer nie) 99 Ficksburg - 1870, Oranje-Vrystaat 100 Rouxville - 1870, Oranje-Vrystaat 101 Wepener - 1870, Oranje-Vrystaat 102 Ladybrand - 1870, Oranje-Vrystaat 103 Ermelo - 1870, Oostelike Sinode 104 Bloemhof - 1870, Wes-Transvaal
Bronne Olivier, ds. P.L., 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
Verwysings
2 NG gemeentes, eerste honderd