Die Chao Phraya (Thai: แม่น้ำเจ้าพระยา Maenam Chao Phraya, [mɛ̂ːnáːm tɕâːw pʰráʔjaː] of [tɕâːw pʰrajaː]) is die hoofrivier van Thailand en met 'n lengte van 372 km ook die tweede langste rivier van dié land ná die Mekongrivier. Die Chao Phraya se lae spoelgrondvlaktes oorheers die sentrale gedeeltes van Thailand. Die stroomgebied van die Chao Phraya word vir intensiewe rysboerdery gebruik. Daarbenewens is die rivier 'n belangrike vervoerpad.
duimnael|links|Die Chao Phraya in Bangkok, hoofstad van Thailand Die Chao Phraya ontstaan deur die saamvloei van die Ping- en Nan-riviere naby Pak Nam Pho in die Nakhon Sawan-provinsie van Thailand. Aansluitend vloei die rivier vir 372 km in 'n suidelike rigting deur die sentrale vlaktes van Thailand en bereik Bangkok. Net suid van Thailand se hoofstad mond die Chao Phraya in die Golf van Thailand uit. Die Chao Phraya word soms as grens tussen die Indo-Chinese en die Maleise Skiereiland beskou.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Thailand