Leah Bracknell (gebore 12 Julie 1964-oorlede September 2019 ) is 'n Engelse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent A Dark Reflection (2015) en in die televisiereekse Emmerdale (1972) en A Touch of Frost (1992). Biografie Bracknell, gebore in Westminster, Londen, was die dogter van die Engelse televisieregisseur David Ian Bracknell (1932–1987) en die Chinees-Maleisiese aktrise Li-Er Hwang. Haar ouers het mekaar ontmoet tydens die verfilming van The World of Suzie Wong in Hong Kong in 1959. David was 'n assistent-regisseur en Li-Er het die rol van "Wednesday Lu" in die film gespeel. Die aangenome naam "Leah" is 'n verengelsing van haar moeder se naam "Li-Er". Bracknell het in Londen en Oxford grootgeword en 'n jaar in Nieu-Seeland en Fidji deurgebring.
Filmografie Rolprente 2015: A Dark Reflection
Televisiereekse 1972: Emmerdale 1992: A Touch of Frost
Televisierolprente 2012: Emmerdale at 40: The Headline Makers
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Engelse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Engelse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Sterftes in 2019