duimnael|Programma 101Museo nazionale della scienza e della tecnologia Leonardo da Vinci, Milaan Die Olivetti Programma 101, ook bekend as Perottina of P101, was die eerste kommersiële tafelrekenaar ter wêreld wat vry geprogrammeer kon word. Die rekenaar, wat deur die Italiaanse onderneming Olivetti in Ivrea, Piëmont vervaardig is, is ontwerp deur die ingenieur Pier Giorgio Perotto.
Die rekenaar is in 1964 vir die eerste keer ter geleentheid van die Wêreldtentoonstelling in New York bekendgestel. In Oktober 1965 is dit nog eens ter geleentheid van 'n handelskou, wat deur die Bema (Business Equipment Manufacturer Association) gereël is, in New York vertoon en vanaf die volgende jaar bemark. Altesaam 44 000 eenhede is verkoop, hoofsaaklik in die Verenigde State, teen 'n prys van $3 200 (wat gelykstaan aan $25 400 in 2018).
Na Programma 101 word deesdae gewoonlik verwys as programmeerbare tafelrekenmasjien met drukker aangesien sy aritmetiese instruksies ooreenkom met rekenmasjienbedrywighede. Nogtans is dit 'n rekenaar in sy eie reg wat oor 'n ewetoeganklike geheue, sentrale verwerkingseenheid (wat nog uit transistors bestaan het), sleutelbord, drukker en skerm (bestaande uit twee lampies) beskik.Olivetti Programma 101 "Perottina". Besoek op 2 April 2019
Verwysings
Eksterne skakels Artikels inexhibit.com: Olivetti Programma 101: at the origins of the Personal Computer Media YouTube.com: La Programma 101 - 1965 quando Olivetti inventò il primo personal computer YouTube.com: Olivetti se Amerikaanse televisie-advertensie vir Programma 101 - 1966−1967 YouTube.com: Programming example of Olivetti Programma 101 (first personal PC) Oorspronklike gebruiksaanwysing Programma 101 General Reference Manual
Kategorie:Geskiedenis van die rekenaar