Dietrich Fischer-Dieskau (28 Mei 1925 – 18 Mei 2012)Sänger Dietrich Fischer-Dieskau gestorben Der Tagesspiegel 18 May 2012 was 'n Duitse liriese bariton en dirigent van klassieke musiek, asook een van die bekendste Lieder [kunslied) uitvoerders van die na-oorlogse periode.

Hy was die beste bekend as sanger van Franz Schubert se Lieder, en in besonder sy "Winterreise""German baritone singer Dietrich Fischer-Dieskau dies - BBC News". bbc.co.uk. Opgespoor 3 April 2016. waarvan sy opnames saam met Gerald Moore en Jörg Demus meer as 'n halfeeu na hul vrystelling steeds kritiese lof ontvang .Gramophone, on Fischer-Dieskau and Winterreise

Die opname van 'n wydlopende reeks werke of repertoire deur Fischer-Dieskau,(wat eeue dek) het musikoloog Alan Blyth laat opgemerk, "Geen sanger in ons tyd, of waarskynlik enige ander sanger [van enige tyd], het daarin geslaag om die reeks en veelsydigheid van repertoire te behaal, wat behaal is deur Dietrich Fischer-Dieskau nie. Opera, Lieder en oratorios in Duits, Italiaans of Engels het almal asof van nature na hom toe gekom, en tog het hy na elkeen 'n presisie en individualiteit gebring wat getuig van sy reseptiewe insigte in die idioom wat ter hand is." Bykomend hiertoe, het hy opnames in Frans, Russies, Hebreeus, Latyns en Hongaars gemaak. Hy was beskryf as "een van die beste vokale kunstenaars van die 20ste eeu"Ted Libbey. The NPR Listener's Encyclopedia of Classical Music New York: Workman Publishing, 2006 en "die mees invloedrykste sanger van die 20ste eeu".The Guardian, May 2005

Fischer-Dieskau was gekies as die tweede grootste sanger van die eeu (na Jussi Björling) deur Classic CD(Verenigde Koninkryk)."Top Singers of the Century" Critics' Poll (Junie 1999) Die Franse het hom as die "Le miracle Fischer-Dieskau" gedoop, en Dame Elisabeth Schwarzkopf het hom "'n gebore god wat dit alles het", genoem.Dietrich Fischer-Dieskau: the Baritone of Our Age by Richard Wigmore 6 Junie 2007

Op die kruin van sy roem was hy bewonder vir sy interpretatiewe insigte en die eksepsionele beheer van sy sagte, pragtige instrument. Ten spyte van die onaansienlike grootte van sy liriese/kamer bariton stem, het Fischer-Dieskau ook 'n groot aantal opera rolle opgevoer en opgeneem. Hy het beide die opera - en konsertplatforms vir meer as dertig jaar oorheers.Matthew Boyden. The Rough Guide to Opera 3rd Edition London: Rough Guides Ltd., 2002

Verwysings

Kategorie:Duitse dirigente Kategorie:Duitse sangers Kategorie:Musikoloë Kategorie:Operasangers Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2012