Hierdie artikel handel oor menslike geslagsomgang. Vir seks by diere, sien Paring; vir die Afrikaanse musiekgroep, sien Die Seks.
Die term seks (afgelei van die Latynse sexus "geslag") verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term seksuele handelings tussen twee of meer persone in, veral seksuele omgang en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook masturbasie. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos geslagsgemeenskap of koïtus.
Seks vervul ’n aantal verskillende funksies: Dit bevredig die seksdrang (libido), bewerkstellig voortplanting en speel ook ’n sentrale rol in liefdesverhoudings, waar dit 'n belangrike vorm van sosiale interaksie verteenwoordig en gevoelens van teerheid, geneentheid en liefde tot uitdrukking bring.
In die engste sin beteken seks die penetrasie van die vroulike vagina met die manlike penis. Dit is ook bekend as "vaginale seks". Ander vorme van seks waarby penetrasie betrokke is, sluit in anale seks (penetrasie van die anus met die penis), orale seks (penetrasie van die mond met die penis of orale penetrasie van die vagina), vingerseks (penetrasie met die vingers) en penetrasie met behulp van ’n dildo. Omdat mense die gevaar loop om seksueel oordraagbare infeksies op te doen tydens seks, sien ook Fact Sheet word veilige seks algemeen aanbeveel.
Verskeie wette bestaan in talle lande teen sekere seksdade, soos bloedskande, seks met minderjariges, prostitusie, bestialiteit, sodomie, homoseksuele seks, en voor- en buitehuwelikse seks. Godsdienssienings speel ook ’n rol in persoonlike besluite oor seksuele aktiwiteit, soos besluite oor maagdelikheid. Hoewel sienings van seksualiteit baie verskil van godsdiens tot godsdiens, is daar sekere dade wat algemeen veroordeel word, soos owerspel.
Seksuele handelings is ook onderhewig aan die reg op seksuele selfbestemming, en in die meeste beskaafde lande word hierdie reg deur wette beskerm wat ’n straf oplê vir mense wat seks sonder instemming, soos verkragting, uitoefen of probeer uitoefen.
Gedrag Definisies thumb|230px|’n 19de-eeuse skildery van ’n paartjie wat vaginale seks het, deur Achille Devéria. Hoewel "seks", "seksuele omgang" of "gemeenskap" feitlik altyd dui op die penetrasie van die vagina met die penis, kan "seks" ’n aansienlik breër betekenis hê en kan dit penetrerende en niepenetrerende seks tussen twee of meer mense insluit. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verklaar dat nie-Engelse tale en kulture verskillende woorde vir seksuele aktiwiteit het, "met effens verskillende betekenisse". Verskeie vulgêre woorde, slenguitdrukkings en eufemismes word vir seksuele omgang gebruik, soos "naai","Naai (1)" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). "pomp""Pomp" (2b) in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). en "saamslaap"."Saamslaap" in die Departement van Kuns en Kultuur se Meertalige MIV/VIGS-terminologielys. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Dit is ook onder die Latynse name immissio penis ("invoeging van die penis") of coitio ("koïtus", "saamkom", "saamgaan") bekend.
Vaginale, anale en orale seks word meer as enige ander seksuele aktiwiteit beskou as seksuele omgang.
Hoewel niepenetrerende seks as seksuele omgang beskou kan word, kan dit ook beskou word as ’n manier om maagdelikheid te bewaar. Sommige gay mans beskou die teenmekaarvryf van penisse of orale seks as ’n manier om maagdelikheid te bewaar, terwyl ander dit kan beskou as hulle belangrikste seksuele aktiwiteit. Lesbiërs kan orale en vingerseks as seksuele omgang beskou en dus as ’n vorm van die verlies van hulle maagdelikheid, of nie.
Studies oor die betekenis van seksuele omgang verskil soms. Terwyl die meeste penis-vaginale seks as seksuele omgang beskou, is die vraag of anale of orale seks wel omgang is debatteerbaar, met orale seks die laagste op die ranglys.
Stimulasie Seksuele omgang of enige ander seksuele aktiwiteit kan verskeie seksueel stimulerende faktore (fisiologies of sielkundig) insluit, soos verskillende seksposisies (waarvan die sendelingposisie die algemeenste is) of die gebruik van seksspeelgoed. Voorspel kan sommige seksuele aktiwiteite voorafgaan en dit lei dikwels tot seksuele prikkeling van die seksmaats, en dus ’n ereksie van die manlike penis en vaginale smering. Dit is ook algemeen dat mense seksueel bevredig kan word deur gesoen, eroties aangeraak of vasgehou te word.
thumb|links|Édouard-Henri Avril se uitbeelding van die vrou in die boonste posisie, waarmee die kans groter is dat die klitoris gestimuleer word. Gedurende koïtus plaas seksmaats hulle heupe in so ’n posisie dat die penis heen en weer in die vagina kan beweeg om weerstand te skep, gewoonlik sonder om die penis heeltemal uit die vagina te haal. So stimuleer hulle mekaar en hulleself, en dit kan lei tot ’n orgasme by een of albei. duimnael|230px|Heteroseksuele seks. duimnael|230px|Homoseksuele seks tussen twee vroue. duimnael|230px|Homoseksuele seks tussen twee mans. thumb|230px|’n 19de-eeuse erotiese vertolking van die Romeinse keiser Hadrianus en Antinous wat anale seks het, deur Édouard-Henri Avril.
Die stimulasie van die klitoris speel by vroue ’n groot rol in seksuele aktiwiteit; 70-80% van vroue benodig regstreekse klitorale stimulasie om ’n orgasme te bereik, hoewel indirekte stimulasie (deur byvoorbeeld vaginale omgang) ook genoeg kan wees vir ’n orgasme. As gevolg hiervan kan die vrou ’n posisie bo die man inneem vir die beste klitorale stimulasie.
Anale seks behels die stimulasie van die anus, anale opening, sluitspier of rektum; dit behels gewoonlik die penetrasie van die anus deur die penis, maar kan ook met seksspeelgoed, die tong (anilingus) of die vingers gedoen word.
Orale seks bestaan uit al die aktiwiteite waarby die gebruik van die mond en keel betrokke is om die geslagsdele of anus te stimuleer. Dit word soms as die enigste seksuele aktiwiteit gedoen en kan die insluk van semen tydens fellatio of vaginale vloeistowwe tydens cunnilingus insluit.
Vingerseks sluit in die manipulasie van die klitoris, res van die vagina of anus met die doel van seksuele prikkeling of stimulasie; dit kan die hele seksdaad uitmaak of deel wees van wedersyde masturbasie, voorspel of ander seksuele aktiwiteite.
Voortplanting 200px|duimnael|links|Voortplantingstelsel in die vrou:1. Nier; 2. Nierbekken; 3. Urienleier; 4. Eierleier; 5. Eierstok; 6. Baarmoeder; 7. Blaas; 8. Serviks; 9. Vagina Natuurlike menslike voortplanting behels penis-vaginale penetrasie waartydens semen, wat manlike gamete bekend as sperma bevat, deur ejakulasie van die penis in die vagina gestort word. Die sperma beweeg deur die vaginale kanaal en die serviks na die baarmoeder en dan die eierleiers.
Miljoene sperma kom in elke ejakulasie voor om die kans van bevrugting te vergroot, maar net een hoef ’n eiersel te bereik vir bevrugting om plaas te vind. Wanneer ’n vrugbare eiersel in die eierleier teenwoordig is, versmelt die manlike gameet met die eiersel vir bevrugting en die vorming van ’n nuwe embrio. Wanneer ’n bevrugte eiersel die baarmoeder bereik, heg dit vas aan die slymvlies aan die wand daarvan en swangerskap begin.
Die kans op swangerskap is die grootste tussen sowat vyf dae voor en een tot drie dae ná ovulasie.Pages.242,374 in: Om die moontlikheid van swangerskap te verhoog word seksuele omgang elke een tot twee dae aanbeveel, of elke twee of drie dae. Gepubliseer: Februarie 2013. Navorsing het getoon die seksposisie maak nie ’n aansienlike verskil in die moontlikheid van bevrugting nie, solank semen in die vagina gestort word.
Wanneer ’n spermskenker seks met ’n vrou het wat nie sy maat is nie met die blote doel om haar swanger te maak staan dit bekend as natuurlike inseminasie, in teenstelling met kunsmatige inseminasie. Laasgenoemde is ’n metode om swangerskap te bewerkstellig op kunsmatige of halfkunsmatige maniere. Vir kunsmatige bevrugting kan spermskenkers hulle sperma skenk deur ’n spermbank, en die inseminasie word gedoen met die uitsluitlike doel om die vrou te bevrug; in dié mate is dit die mediese ekwivalent van seksuele omgang.
Ook gay en lesbiese pare kan van kunsmatige bevrugting gebruik maak. Soms verkies gay mans om ’n surrogaatma te gebruik; lesbiërs kan kies tussen skenkerinseminasie of ’n surrogaatma.
Veilige seks en geboortebeperking Daar is verskeie maniere waarop veilige seks deur hetero- en homoseksuele paartjies beoefen kan word, insluitende niepenetrerende seks, en heteroseksuele paartjies kan orale en anale seks gebruik as ’n manier van geboortebeperking. Swangerskap kan egter steeds met anale en ander vorme van seks voorkom as die penis naby die vagina kom en die sperma naby die ingang tot die vagina beland; daar is ook die risiko van bevrugting al is die penis nie naby die vagina nie, want sperma kan na die opening van die vagina oorgedra word deurdat die vagina in aanraking kom met vingers of ander niegenitale liggaamsdele wat in kontak met semen was.
Kondome kan ook gebruik word as ’n vorm van veilige seks en geboortebeperking. Dit word algemeen aanbeveel vir die voorkoming van seksueel oordraagbare siektes. Volgens verslae van die Amerikaanse Nasionale Gesondheidsinstitute en die WGO verlaag die korrekte en volgehoue gebruik van latekskondome die risiko van die oordrag van MIV/vigs met sowat 85-99% in verhouding met wanneer seks sonder beskerming beoefen word. Kondome word selde vir orale seks gebruik en daar is min navorsing daaroor. Die doeltreffendste manier om seksueel oordraagbare infeksies te vermy is om ’n mens te onthou van seks, veral vaginale, anale en orale seks.
Besluite en opsies aangaande geboortebeperking kan deur kulturele, genderrol-, folklore- en godsdienstige oorwegings beïnvloed word. In die oorwegend Katolieke lande Ierland, Italië en die Filippyne word klem gelê op vrugbaarheidsbewustheid en die ritmemetode, terwyl ander geboortebeperkingsmetodes afgekeur word. Wêreldwyd is sterilisasie ’n algemener manier van geboortebeperking, terwyl die gebruik van die intra-uteriene apparaat (IUA) ’n algemene vorm van omkeerbare geboortebeperking is.
Bevrugting en geboortebeperking is veral ’n saak van lewe of dood in ontwikkelende lande, waar een uit elke drie voue voor 20 ’n kind kry; 90% van onveilige aborsies in hierdie lande kan voorkom word deur doeltreffende geboortebeperking.
Voorkoms thumb|180px|’n Deursneeaansig van ’n man en vrou om te wys wat in die liggaam gebeur tydens koïtus (c. 1492 deur Leonardo da Vinci). Penis-vaginale penetrasie is die algemeenste vorm van seksuele omgang.Sien bladsy 302 vir inligting oor orgasme, en bladsye 285-286 vir definisies, voorkoms en lengte van seksuele omgang. Studies wys die meeste heteroseksuele paartjies beoefen feitlik elke keer vaginale seks. Die Amerikaanse Nasionale Opname van Seksuele Gesondheid en Gedrag (NSSHB) het in 2010 berig vaginale seks is "die algemeenste seksuele gedrag tussen mans en vroue van alle ouderdomme en etnisiteite". Volgens Clint E. Bruess et al. is dit "die gedrag wat die meeste bestudeer word" en "dikwels die fokus van seksopvoedingsprogramme vir die jeug". Weiten et al. sê dit is die "algemeens onderskryfde en beoefende seksdaad in ons gemeenskap".