Die waterkering bekend as die Drielbarrage vorm saam met die Spioenkopdam, Sterkfonteindam, Driekloofdam, Woodstockdam en die Kilburndam deel van die Tugela-Vaal-waterprojek. Hierdie studam lê suidwes van Bergville en by die koördinate 28° 46′ 48.9″ suid en 29° 17′ 9,2″ oos. Dit het 'n opgaarvermoë van 18.2 miljoen kubieke meter. Die water uit die Tugelarivier word met 'n kanaal van 44 km teen 11 kumek na die Jagersrust-pompstasie vervoer.

Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal