Lichterfelder FC is 'n sokkerklub uit die hoofstad van Duitsland, Berlyn. Lichterfelde is 'n distrik in die suidweste van Berlyn.

Die klub is oorspronklik gestig as FV Brandenburg Berlyn op 20 Maart 1892. In die vroeë 1900’s het TuFV Helvellia Berlyn van die klub afgestig, maar in 1905 is die oorspronklike klub herstel. Die klub is ernstig verswak deur die Eerste Wêreldoorlog en het byna verdwyn, maar in 1919 het die klub met Berliner SC 09 Brandenburg saamgesmelt om SV Brandenburg Berlyn te vorm. In 1921 is daar weer met BBC 03 Berlyn saamgesmelt om BBC-Brandenburg Berlyn te vorm. Die klub het in die 1920’s vir twee seisoene op die hoogste vlak meegeding.

Teen 1929 was die klub se naam FV Brandenburg Berlyn en in 1933 is daar met FC Eintracht Lankwitz saamgesmelt. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was die klub verplig om tydelik met Rot-Weiß-Schöneberg saam te smelt om 'n span in die veld te kon stoot. Na die oorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar laat in 1945 is die klub herstig as SG Steglitz-Friedenau en in 1950 is die klub herdoop as FV Brandenburg Berlyn.

In 1971 het die span met FC Lichterfelde (gestig in 1912) saamgesmelt om FV Brandenburg Lichterfelde te vorm en in 1988 is daar weer met Lichterfelder Sport-Union saamgesmelt om VfB Lichterfelde 1892 te vorm. Die huidige naam is in 2004 aangeneem.

Stadion Die klub se tuisveld is die Stadion Lichterfelde in die stadsdeel Steglitz. Die stadion is tussen 1926 en 1929 gebou en was tussen 1933 en 1945 bekend as die Adolf Hitler-stadion.

Onlangse ligaposisionering 1990/91 (III) Oberliga Berlyn 13de 1991/92 (III) Oberliga Noordoos Sentraal 9de 1992/93 (III) Oberliga Noordoos Sentraal 12de 1993/94 (III) Oberliga Noordoos Sentraal 8ste 1994/95 (IV) Oberliga Noordoos Noord 2de 1995/96 (IV) Oberliga Noordoos Noord 2de 1996/97 (IV) Oberliga Noordoos Noord 5de 1997/98 (IV) Oberliga Noordoos Noord 8ste 1998/99 (IV) Oberliga Noordoos Noord 11de 1999/00 (IV) Oberliga Noordoos Noord 7de 2000/01 (IV) Oberliga Noordoos Noord 8ste 2001/02 (IV) Oberliga Noordoos Noord 11de 2002/03 (IV) Oberliga Noordoos Noord 12de 2003/04 (IV) Oberliga Noordoos Noord 16de 2004/05 (V) Verbandsliga Berlyn 5de 2005/06 (V) Verbandsliga Berlyn 1ste 2006/07 (IV) Oberliga Noordoos Noord 6de 2007/08 (IV) Oberliga Noordoos Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad

Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn | Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow

Lichterfelde Kategorie:Sport in Berlyn