'n Begroting is 'n vooruitskatting van 'n onderneming of 'n entiteit se verwagte inkomstes en uitgawes oor 'n spesifieke tydperk in die toekoms. 'n Begroting het beide 'n beplannings- en beheerfunksie. Aktiwiteite met finansiële implikasies moet beplan word en deurlopende beheer moet uitgeoefen word om te verseker dat die werklike aktiwiteite met die beplande aktiwiteite ooreenstem.

'n Begroting is gewoonlik 'n formele, geskrewe plan van toekomstige optrede wat die kategorisering van die voorgenome inkomste en uitgawes insluit en hulle aan die doelwitte koppel. Die doel van begrotings is om werk doeltreffend te help beplan, hulpbronne toe te deel en hulpbronbenutting te help beheer en moniteer.

Daar is verskillende soorte begrotings, onder meer: Verkoopsbegroting — voorspelling van verwagte inkomstes uit verkope Aankoopbegroting — verwagte aankope van voorraad en stowwe Arbeidsbegroting — Verwagte personeelvoorsiening Kapitaalbegroting — Beoogde besteding aan vaste bates Navorsing- en ontwikkelingsbegroting — beoogde besteding aan ontwikkeling of verfyning van produkte, stowwe en prosedures Kontantbegroting — verwagte vloei van kontant en betalings Bedryfsbegroting — geskatte uitgawes rakende administrasie, advertensies, vervangings, en uitgawes.

Eksterne skakels

Kategorie:Ekonomie