Hierdie artikel handel oor die Oos-Kaapse dorp. Vir die dorp in Limpopo naby Tzaneen, sien Burgersdorp, Limpopo.
Burgersdorp (vroeër Burghersdorp gespel) is 'n dorp in die Oos-Kaapse Middellande van groot geskiedkundige belang en vandag een van die mees vooruitstrewende dorpe in die Noordoos-Kaap en een van die min plattelandse dorpe wat in stand gehou word.Burgersdorp is 'n pêrel in bitter tye deur Annelie Botes Volksblad, 26 Maart 2012
Ontstaan duimnael|links|Die kerkgebou van die NG gemeente Burgersdorp beklee 'n ruim perseel in die middedorp. Die dorp is aan die Stormbergspruit geleë, 359 km noordwes van Oos-Londen. Dit is oorspronklik op die plaas Klipfontein, wat op 27 Desember 1847 deur ene Gert Buytendach gekoop is, aangelê . Dit is so genoem ter ere van burgers wat diens gedoen het tydens die Sewende Grensoorlog van 1846 tot 1847, of moontlik omdat die burgers dit op hulself geneem het om die dorpie tot stand te bring en nie op die kerk of staat gewag het nie.
In 1869 is 'n Teologiese Seminarium hier tot stand gebring deur die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika met prof. Dirk Postma as die eerste rektor. Hy was ook die eerste leraar van die Gereformeerde kerk Burgersdorp, wat op 21 Januarie 1860 in die pakhuis van 'n winkel gestig is omdat daar groot teenkanting was teen die skeuring in die Kaapse Kerk. Dié teologiese skool het in 1905 na Potchefstroom verskuif, en daaruit het die Potchefstroomse Universiteitskollege in 1919 ontstaan en eindelik in 1951 (as die PUK) die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO). Vanweë die dorp se belangrikheid in die vroeë stryd om die erkenning van die Nederlandse taal, is hier 'n Taalmonument in 1893 opgerig. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was daar heelwat gevegte in die omgewing. Hier is 'n goed bewaarde blokhuis, wat bekendstaan as die Brandwag, wat in die oorlog deur die Britte gebou is. Nog 'n gedenkwaardigheid is die ou tronk. Die teologiese skool is gerestoureer en tot gedenkwaardigheid verklaar.
Hede Vandag is Burgersdorp die administratiewe en handelsentrum van 'n distrik waar met wol en vee geboer word. Dit is ook een van die grootste spoorwegaansluitings tussen Oos-Londen en Bloemfontein. Burgersdorp het 'n goed-funksionerende provinsiale hospitaal.Oos-Kaapse Departement van Gesondheid - Joe Gqabi Distrikshospitale
Landskap en klimaat Die landskap rondom Burgersdorp is plat na die weste, maar na die ooste en suide is heuwels opvallend algemeen. Burgersdorp is in 'n vallei geleë. Minder as 2 mense per vierkante kilometer bewoon die landelike omgewing, meestal plase, rondom Burgersdorp. Daar is geen ander dorpe daar naby nie.
Burgersdorp se klimaat is koel. Die gemiddelde temperatuur is 18 °C. Die warmste maand is Desember met 26 °C, en die koudste Junie, teen 7 °C. Die gemiddelde reënval is 604 millimeter per jaar. Die natste maand was Februarie, met 109 millimeter reën, en die droogste September, op 11 millimeter.
Ontspanning Burgersdorp is wyd bekend vir sy uitstekende sportgeriewe met onder meer Shortenpark waar tennis, rolbal, jukskei, atletiek, krieket en swem beoefen kan word. Daar is ook 'n pretpark. Die Danie Craven-stadion met een van die beste rugbyvelde in die land bied sitplek aan 6 000 toeskouers. Die nege-putjie-gholfbaan het van die beste grassetperke in dié deel van die land.
Noemenswaardige boorlinge Doppers Sen. Jan de Klerk, kabinetsminister Willem Johannes de Klerk, predikant, opvoedkundige, vader van Jan de Klerk en oupa van oudpres. FW de Klerk en dr. Willem de Klerk Aletta du Plessis, onderwyseres en eggenote van prof. Jacobus du Plessis Prof. Wicus du Plessis, akademikus, regsgeleerde, ekonoom en politieke denker Hilda Postma, skrywer van Afrikaanse kindergedigte Rikie Postma, skrywer van Afrikaanse kinderboeke Ds. Willem Postma, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en skrywer onder die skuilnaam Dr. O'kulis Paula Styger, aktrise Ds. Douw Venter, 'n Gereformeerde predikant Eben Venter, Afrikaanse skrywer
Ander Louisa Bolus, plantkundige en taksonoom Dawie de Villiers, gewese Suid-Afrikaanse kabinetsminister, ambassadeur en oud-Springbokkaptein Johannes Erasmus, prokureur en Afrikaanse skrywer William Fehr, kuns- en oudhede-versamelaar en sakeman Hendre Fourie, rugbyspeler vir EngelandFormer England flanker Fourie is being deported after suffering career-ending injury, Daily Mail Johan Goosen, Vrystaatse en Springbokrugbyspeler Karin Hougaard, Afrikaanse sangeres Jacobus Wilhelmus Sauer, politikus Flippie Snyman, predikant en professor aan die Teologiese Skool Burgersdorp Jan Steytler, opposisiepolitikus Charles Goldmann, Britse parlementslid en magnaat Edwin Goldmann, Duitse kankernavorser Richard Goldmann, mynmagnaat en Transvaalse politikus
Foto's
Sien ook NG gemeente Burgersdorp Gereformeerde kerk Burgersdorp Lys van dorpe in Suid-Afrika Monumente: Eerste Taalmonument en die Burgermonument
Verwysings
Bronne Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978. Kelly, Maureen, Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek, HELM Publikasies, Johannesburg, 1986. Du Toit, prof. dr. S. du Toit. Handleiding vir die studie van die kerkgeskiedenis. Potchefstroom: Pro Rege-Pers Beperk, 1955.
Eksterne skakels
Burgersdorp se webblad Laerskool Burgersdorp se webtuiste
Kategorie:Burgersdorp Kategorie:Nedersettings in Joe Gqabi