Die operakomponis Pietro Mascagni (1863–1945) is in Livorno, Italië, gebore. Hy het aan die konservatorium in Milaan gestudeer en hom later by 'n reisende operageselskap aangesluit. In 1889 het hy die eerste prys in ’n kompetisie gewen met sy verismo-opera Cavalleria rusticana.
Die eerste opvoering in Rome in 1890 was 'n onmiddellike sukses. Dit is tot vandag toe nog een van die gewildste operas. Dit het tradisie geword om Cavalleria rusticana saam met I pagliacci van Leoncavallo op te voer. Van Mascagni se ander belangrike operas is L'Amico Fritz (1891), Isri (1898) en Nerone (1935); laasgenoemde verheerlik Benito Mussolini.
Bronnelys Wêreldspektrum, 1982, , volume 18, bl. 72
Eksterne skakels
Kategorie:Italiaanse komponiste Kategorie:Geboortes in 1863 Kategorie:Sterftes in 1945