Ella Fitzgerald (25 April 1917 – 15 Junie 1996) was 'n Amerikaanse jazz musikant, komponis en aktrise. Daar is dikwels na haar verwys as die "First Lady of Song", die "Koningin van Jazz", en "Lady Ella". Sy was bekend vir haar suiwerheid van toon, onberispelike diksie, frasering, tydsberekening, intonasie en 'n "trompetagtige" improvisasievermoë, veral in haar scat-sang.

Buiten haar sololoopbaan, het sy ook saam met Louis Armstrong, Duke Ellington, en The Ink Spots gesing. Hierdie vennootskappe het treffers soos "Dream a Little Dream of Me", "Cheek to Cheek", "Into Each Life Some Rain Must Fall", en "It Don't Mean a Thing (If It Ain't Got That Swing)" tot gevolg gehad. In 1993, na 'n loopbaan van amper 60 jaar, het sy haar laaste publieke optrede gehad. Drie jaar later sterf sy op die ouderdom van 79 na jare van verswakde gesondheid. Haar eerbewyse sluit 14 Grammy-toekennings, die National Medal of Arts, die NAACP se intreerede Presidentstoekenning en die Presidensiële Medalje van Vryheid.

Sy was ook bekend vir haar rolle in die rolprente When Harry Met Sally... (1989), Sphere (1998), Mr. Nobody (2009), en Assassin's Creed (2016).

Filmografie Rolprente 1958: St. Louis Blues 1989: When Harry Met Sally... 1989: Benny Carter: Symphony in Riffs 1998: Sphere 2004: Improvisation 2009: Mr. Nobody 2012: The Music According to Antonio Carlos Jobim 2016: Assassin's Creed 2017: Pure Love: The Voice of Ella Fitzgerald

Televisiereekse 1952: Saturday Night Dance Party 1955: Music 55 1985: Buonasera Raffaella 1992: Fuzzy's værksted

Televisierolprente 1959: Swing Into Spring! 1960: Ella Fitzgerald in Australia 1962: President Kennedy's Birthday Salute 1964: Ella 1978: Bing Crosby: His Life and Legend 1979: Arthur Fiedler: Just Call Me Maestro 1981: The Grammy Hall of Fame 1989: The Unforgettable Nat 'King' Cole 1991: The Very Best of the Ed Sullivan Show 1993: Victor Borges Tivoli 150 år 2002: Sinatra: The Classic Duets 2003: Strangers in the Night: The Bert Kaempfert Story 2014: Jazz Legends in Their Own Words 2015: My Music: Songbook Standards - As Time Goes By

Video's 1991: Nat King Cole: The Incomparable Nat King Cole Volume 1 1995: Oscar Peterson: Music in the Key of Oscar 1998: Monterey Jazz Festival: 40 Legendary Years

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 1996 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu