Rondebosch is 'n betreklike groot, boomryke en gesogte suidelike voorstad van Kaapstad.

duimnael|links|250px|Die kerkgebou van die NG gemeente Rondebosch, waarvan elke eerste minister van genl. Louis Botha tot P.W. Botha 'n lidmaat was. duimnael|links|250px|Die Laerskool Groote Schuur in Campgroundweg, Rondebosch.

Onderwys Dit is een van die vernaamste opvoedkundige gebiede van die land en die tuiste van die Universiteit van Kaapstad, die Hoër Seunskool Rondebosch, die private Diocesan College (Bishops of Biskopppe) vir seuns, Hoër Meisieskool Rustenberg, Laerskool Groote Schuur, Laer Meisieskool Oakhurst en die private Herschel-skool vir meisies. Die voorstad huisves ook die beroemde landgoed Groote Schuur, wat Cecil John Rhodes in sy testament aan die volk van Suid-Afrika nagelaat het. Op Rustenberg se perseel is die oorspronklike somertuiste van latere Hollandse goewerneurs geleë.

Wapen Rondebosch het van 1886 tot 1913 sy eie munisipaliteit gehad. Die raad het in 1898 'n skynheraldiese "wapen" aangeneem, wat deur die argitek George Alexander ontwerp is.Wes-Kaapse Argief: Rondebosch Munisipale Notules (24 Februarie 1898). Die skild toon 'n landskaptoneel. Dit is omring deur 'n blou gordel met die wapenspreuk "Nisi Dominus frustra" daarop. Britannia sit bokant die skild, en daar is twee skildhouers, nl 'n leeu en 'n luiperd. Hierdie "wapen" kan nog op 'n gebrandskilderde venster bokant die ingang tot die plaaslike biblioteek gesien word.

Bronne Mayhew, Vic (red.), Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.

Sien ook Rondebosch (kiesafdeling) NG gemeente Rondebosch

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Kaapstad