Borussia Neunkirchen is 'n Duitse sokkerklub uit Neunkirchen in die deelstaat Saarland.
Geskiedenis In 1905 is die klub FC 1905 Borussia gestig en 2 jaar later het hy met SC Neunkirchen saamgesmelt.
Van 1912 tot 1963 het die klub onafgebroke op die hoogste vlak van Duitse sokker gespeel. Van die 1920/21-seisoen tot die 1923/24-seisoen was die span 4 keer in 'n ry kampioen van Saarland.
Na die Tweede Wêreldoorlog wou Frankryk Saarland onafhanklik maak van Duitsland en in hierdie tyd het die klub in die eerste klas van Saarland gespeel (en in 1949 die titel gewen), maar nadat Saarland terug was by Duitsland het die klub weer in die Oberliga Suidwes meegeding. In 1959 het die span sy grootste prestasie behaal deur die eindstryd van die DFB-Pokal te haal, waar daar teen Swartwit Essen verloor is met 2-5.
Ondanks die feit dat die klub vir meer as 50 jaar op die hoogste vlak meegeding het, is die klub nie gekies om by die Bundesliga aan te sluit in 1963 nie. Net soos FK 03 Pirmasens en Wormatia Worms is die klub ten gunste van 1. FC Saarbrücken oor die hoof gesien, wie nie noodwendig 'n beter vertoningslys as die genoemde klubs gehad het nie.
Na een seisoen in die Regionalliga Suidwes het die klub na die Bundesliga gepromoveer. Na 2 jaar is hy egter gerelegeer en daarvandaan het die klub geleidelik die kreeftegang gegaan, totdat dit vandag op die vierde vlak meeding in die Oberliga.
In 2005 het die klub die Oberliga Suidwes gewen, maar weens finansiële probleme is daar nie om 'n Regionalliga-lisensie aansoek gedoen nie.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Suidwes 1ste 1964-65 (I) Bundesliga 10de 1965-66 (I) Bundesliga 17de 1966-67 (II) Regionalliga Suidwes 1ste 1967-68 (II) Bundesliga 17de 1968-69 (II) Regionalliga Suidwes 5de 1969-70 (II) Regionalliga Suidwes 4de 1970-71 (II) Regionalliga Suidwes 1ste 1971-72 (II) Regionalliga Suidwes 1ste 1972-73 (II) Regionalliga Suidwes 5de 1973-74 (II) Regionalliga Suidwes 1ste 1974-75 (II) 2.Bundesliga Suid 18de 1975-76 (III) Amateurliga Saarland 1ste 1976-77 (III) Amateurliga Saarland 1ste 1977-78 (III) Amateurliga Saarland 1ste 1978-79 (II) 2.Bundesliga Suid 20ste 1979-80 (III) Am.Oberliga Suidwes 1ste 1980-81 (II) 2.Bundesliga Suid 19de 1981-82 (III) Am.Oberliga Suidwes 11de 1982-83 (III) Am.Oberliga Suidwes 9de 1983-84 (III) Am.Oberliga Suidwes 12de 1984-85 (III) Am.Oberliga Suidwes 11de 1985-86 (III) Am.Oberliga Suidwes 7de 1986-87 (III) Am.Oberliga Suidwes 10de 1987-88 (III) Am.Oberliga Suidwes 14de 1988-89 (III) Am.Oberliga Suidwes 8ste 1989-90 (III) Am.Oberliga Suidwes 3de 1990-91 (III) Am.Oberliga Suidwes 1ste 1991-92 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de 1992-93 (III) Am.Oberliga Suidwes 6de 1993-94 (III) Am.Oberliga Suidwes 4de 1994-95 (III) Regionalliga W/SW 8ste 1995-96 (III) Regionalliga W/SW 18de 1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 7de 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 6de 1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 3de 1999-00 (IV) Oberliga Suidwes 1ste 2000-01 (IV) Oberliga Suidwes 3de 2001-02 (IV) Oberliga Suidwes 1ste 2002-03 (III) Regionalliga Suid 19de 2003-04 (IV) Oberliga Suidwes 10de 2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 1ste 2005-06 (IV) Oberliga Suidwes 9de 2006-07 (IV) Oberliga Suidwes 10de 2007-08 (IV) Oberliga Suidwes
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer Stadionfoto's vanaf Stadioncheck.de
Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - SC 07 Idar-Oberstein - FC 08 Homburg - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - 1. FC Saarbrücken - Borussia Neunkirchen - SF Köllerbach - FK 03 Pirmasens - TuS Mechtersheim - 1. FC Kaiserslautern II - SV Eintracht Trier - SpVgg EGC Wirges - Wormatia Worms
Neunkirchen