Thomas Boydell (1882–1966) was 'n Suid-Afrikaanse kabinetsminister en leier in die Arbeidersparty.

Boydell is in 1882 in Newcastle upon Tyne in Engeland gebore en word opgelei as 'n passer, waarna hy in 1903 na Natal kom. Hy het gou opgang gemaak in die Arbeidersparty in Natal.

Hy is die eerste keer in 1902 tot die kolonie se Parlement verkies. Ná die oorwinning van die Pakt-regering in 1924 word hy eers minister van pos en telegraafwese, en daarna van 1925 tot 1929 minister van arbeid, beide in die Eerste kabinet van J.B.M. Hertzog. Sy party het hom beywer vir blanke werkers se regte, ten koste van swartes, bruines, Indiërs en Chinese. Hy het later jare senator geword.

Ná sy uittrede uit die politiek, het hy verskeie boeke geskryf en die wêreld deurreis waar hy Suid-Afrika deur middel van lesings verdedig het. Boydell sterf op 5 Julie 1966.

Bronne Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.

Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Geboortes in 1882 Kategorie:Sterftes in 1966