duimnael|links|240px|Mimas agter Saturnus se F-ring, soos in Januarie 2008 deur die Cassini–Huygens-wenteltuig afgeneem.

Mimas (Grieks: Μίμας; ook Saturnus I) is 'n natuurlike satelliet van die planeet Saturnus. Die maan is op 17 September 1789 deur William Herschel ontdek. Mimas het 'n baie lae digtheid, 1,17 kg/m3, wat aandui die maan bestaan hoofsaaklik uit bevrore water en 'n klein hoeveelheid rots. Met ’n deursnee van 396 km is dit die kleinste bekende hemelliggaam wat deur sy swaartekrag rond gedruk is.

Die opvallendste kenmerk van Mimas is 'n groot impakkrater met 'n deursnee van 130 km wat na Herschel, die ontdekker van die maan, genoem is. Die krater se deursnee is amper 'n derde van dié van die maan. Die rand is ongeveer 5 km hoog en die diepste dele tot 10 km diep. Die sentrale berg is 6 km hoog. As daar 'n krater op die aarde was wat dieselfde verhouding gehad het met die aarde as wat Herschel met Mimas het, sou dié krater 'n deursnee van 4 000 km gehad het - breër as Kanada.

Die impak wat die krater veroorsaak het, het Mimas waarskynlik amper uiteengeskeur: daar is aan die ander kant van die maan skeure te sien wat moontlik veroorsaak is deur skokgolwe van die impak wat dwarsdeur die maan getrek het.

Daar is ook kleiner kraters op Mimas se oppervlak, maar hulle kom nie naby die grootte van Herschel nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mane van Saturnus