Charley Paddock (11 Augustus 1900 – 21 Julie 1943) was 'n Amerikaanse akteur en naelloopatleet. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Nine and Three-Fifths Seconds (1925), The Campus Flirt (1926), The College Hero (1927), en The Olympic Hero (1928). As Amerikaanse amateuratleet, het hy hom toegelê op die naelloop, met sy kenmerkende styl om elke keer óór die wenstreep te spring. Hy het aan drie Olimpiese Speles deelgeneem en in totaal twee goue en twee silwermedaljes verower.

Filmografie Rolprente 1925: Nine and Three-Fifths Seconds 1926: The Campus Flirt 1927: High School Hero 1927: The College Hero 1928: The Olympic Hero

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1900 Kategorie:Sterftes in 1943 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu