duimnael|Die Groot Mufti van Jerusalem, Amin al Husseini, groet Bosniese SS-vrywilligers duimnael|Islamofobie het in die Amerikaanse Suburbia posgevat Die term Islamofascisme is 'n omstrede neologisme wat na moontlike ooreenkomste tussen sekere moderne Islamitiese groeperings en die Europese fascistiese bewegings van die vroeë 20ste eeu, neofascistiese bewegings of totalitêre ideologieë verwys. Organisasies, wat as "Islamofascisties" beskryf is, sluit al-Kaïda (en sy ondersteuners soos die Salafi-groep vir Preek en Stryd, Jemaah Islamiyah in Indonesië en ander) en die destydse regering van Iran in.
Kritiese stemme beweer dat die vereenselwiging van die Islamitiese godsdiens met die fascisme 'n beledigende en ongeskikte politieke epitheton sou wees. Die Engelse woord Islamofascism word deur die Amerikaanse woordeboek New Oxford American Dictionary erken en gedefinieer as "a controversial term equating some modern Islamic movements with the European fascist movements of the early twentieth century."
Aanwending Sommige kommentators beskou Islamofascisme as 'n beweging wat deur Islamiste en hulle pogings om die primitiewe en onmenslike Sjaria-"regstelsel" weer in te voer en op geweldsame manier 'n nuwe verenigde Moslemstaat te skep. Volgens die opvattings van Soenni-Islamiste moet hierdie staat as 'n nuwe kalifaat daargestel word en van Spanje tot by Sentraal-Asië strek, terwyl Sjiïtiese Islamiste selfs die stigting van 'n wêreldwye Islamitiese staat onder die leiding van 'n Islamitiese regsgeleerde bepleit. 'n Klein aantal wetenskaplikes het die term fascisme versigtig aangewend om bepaalde verskynsels en vorms van militante Islamitiese fundamentalisme of militante Islam te bespreek.
Oorsprong Volgens Roger Scruton (Wall Street Journal) is die term vir die eerste keer deur die Franse Marxis Maxime Rodinson gebruik om die Iranse Rewolusie in 1978 te beskryf.
Die term gaan ook terug op 'n artikel, wat op 8 September 1990 in die dagblad The Independent verskyn het. In "Construing Islam as a language" het Malise Ruthven geskryf:
Verwysings
Eksterne skakels Stefan Durand in Le Monde diplomatique (15 November 2006): Islam, fascisme en growwe veralgemenings – In Afrikaans beskikbaar
Kategorie:Fascisme Kategorie:Islamitiese groepe