duimnael|links|180px|Genl. Jan Smuts het in 1948 die kiesafdeling Standerton teen die Nasionale Party verloor. Dit was terselfdertyd die einde van die Verenigde Party se bewind wat in 1934 begin het.
duimnael|links|230px|Die Hervormde kerk Standerton.
Standerton is 'n dorp in Mpumalanga, aan die Vaalrivier, sowat 156 km suidoos van Johannesburg en 64 km suid van Bethal.
Geskiedenis Dit is in 1878 op die plaas Grootverlangen aangelê en het in 1903 munisipale status verkry. Die dorp is genoem na kommandant Adriaan H. Stander (1817-1896), die oorspronklike eienaar van die plaas. Standerskop (1 640 m), 'n heuwel wes van die dorp, is ook na hom genoem. In die Eerste Vryheidsoorlog het 'n Britse garnisoen die dorp beleër. Drie maande lank het die Boeremagte, wat hulle op die heuwel ingegrawe het, op die Britse magte gevuur – sonder enige ernstige skade.
Distrik Die distrik is 4 836 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen - beeste, perdetelery, wol, mielies, sonneblomsaad, grondboontjies, aartappels en suiwelprodukte.
Die Grootdraaidam is 10 km oos van Standerton en Eskom se Tutuka-kragstasie is net noord van die dorp.
Sien ook Gereformeerde kerk Standerton Standerton (kiesafdeling) Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga