Thomas Lanier "Tennessee" Williams III (26 Maart 1911 – 25 Februarie 1983) was 'n Amerikaanse dramaturg. Saam met sy tydgenote Eugene O'Neill en Arthur Miller, word hy beskou as een van die drie voorste dramaturge van die 20ste eeuse Amerikaanse drama.

Ná jare se relatiewe onbekendheid, behaal hy op 33-jarige ouderdom roem met The Glass Menagerie (1944) in New York Stad. Hierdie toneelstuk weerspieël sy eie ongelukkige familie agtergrond. Dit was die eerste van 'n reeks suksesse, insluitend A Streetcar Named Desire (1947), Cat on a Hot Tin Roof (1955), en Sweet Bird of Youth (1959). Met sy latere werk het hy 'n nuwe styl probeer waarvan gehore nie gehou het nie. Toenemende alkohol- en dwelmafhanklikheid het sy kreatiewe uitdrukking ingeperk. Sy drama getiteld A Streetcar named Desire word gereeld aangehaal as van die beste Amerikaanse toneelstukke van die 20ste eeu, langsaan Eugene O'Neill se Long Day's Journey into Night en Arthur Miller se Death of a Salesman.

Kinderjare alt=Tennessee Williams (age 5) in Clarksdale, MS.|duimnael|Tennessee Williams (5 jaar oud) in Clarksdale, MS. Thomas Lanier Williams III is gebore in Columbus, Mississippi. Hy was van Engelse, Walliese en Hugenoot afkoms, en was die tweede kind van Edwina Dakin (9 August 1884 – 1 Junie 1980) en Cornelius Coffin "C. C." Williams (21 Augustus 1879 – 27 Maart 1957). Sy vader was 'n rondreisende skoenverkoper wat 'n alkoholis geword het en gereeld afwesig was. Sy ma, Edwina, was die dogter van Rose O. Dakin, 'n musiekonderwyseres, en Walter Dakin, 'n Episkopale priester uit Illinois, wat kort na Williams se geboorte na 'n gemeente in Clarksdale, Mississippi, beroep is. Williams het 'n groot deel van sy vroeë kinderjare in die pastorie gewoon en was geheg aan sy grootouers.

Hy het 'n ouer suster en jonger broer gehad genaamd Rose Isabel Williams (1909–1996) en Walter Dakin Williams. (1919–2008).

Werke Toneelstukke Leerling toneelstukke 1936: Candles to the Sun 1937: Fugitive Kind 1937: Spring Storm 1937: Me Vashya 1938: Not About Nightingales 1940: Battle of Angels 1941: I Rise in Flame, Cried the Phoenix 1945: You Touched Me 1947: Stairs to the Roof

Hoof toneelstukke 1944: The Glass Menagerie 1947: A Streetcar Named Desire 1948: Summer and Smoke 1951: The Rose Tattoo 1953: Camino Real 1955: Cat on a Hot Tin Roof 1957: Orpheus Descending 1958: Suddenly Last Summer 1959: Sweet Bird of Youth 1960: Period of Adjustment 1961: The Night of the Iguana 1962: The Eccentricities of a Nightingale 1963: The Milk Train Doesn't Stop Here Anymore 1965: The Mutilated 1968: The Seven Descents of Myrtle 1969: In the Bar of a Tokyo Hotel 1969: Will Mr. Merriweather Return from Memphis? 1972: Small Craft Warnings 1973: The Two-Character Play 1973: Out Cry 1975: The Red Devil Battery Sign 1976: This Is (An Entertainment) 1977: Vieux Carré 1979: A Lovely Sunday for Creve Coeur 1980: Clothes for a Summer Hotel 1980: The Notebook of Trigorin 1981: Something Cloudy, Something Clear 1982: A House Not Meant to Stand 1983: In Masks Outrageous and Austere

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1911 Kategorie:Sterftes in 1983 Kategorie:Amerikaanse dramaturge