duimnael| 'n Britse slawe skip (1788) Die Atlantiese slawehandel of transatlantiese slawehandel verwys na die vervoer van slawe, hoofsaaklik Afrikane, deur slawehandelaars, hoofsaaklik na die Amerikas, van die 16de tot die 19de eeu. Die slawehandel het gereeld die driehoekige handelsroete en sy middelgang gebruik. Die oorgrote meerderheid van diegene wat in die transatlantiese slawehandel verslaaf en vervoer is, was mense uit Sentraal- en Wes-Afrika, wat deur ander Wes-Afrikane aan Wes-Europese slawehandelaars verkoop is (met 'n klein persentasie wat direk deur die slawehandelaars in kusaanvalle gevange geneem is) en na die Amerikas geneem is. Die Suid-Atlantiese en Karibiese ekonomieë was veral afhanklik van betroubare arbeid vir die produksie van kommoditeitsgewasse, waarmee goedere en klere gemaak is en in Europa verkoop is. Dit was noodsaaklik vir dié Wes-Europese lande wat in die laat 17de en 18de eeue geveg het vir die vestiging van oorsese ryke.

Agtergrond Die Portugese was die eerstes wat in die 16de eeu by die Atlantiese slawehandel betrokke geraak het. In 1526 het hulle die eerste transatlantiese slawereis na Brasilië voltooi en ander Europese lande het spoedig gevolg. Skeepseienaars het die slawe as vrag beskou wat so vinnig en goedkoop as moontlik na die Amerikas vervoer moes word om daar verkoop te word en op koffie-, tabak-, kakao-, suiker- en katoenplantasies te gaan werk, of by goud- en silwermyne, rysvelde, in die konstruksiebedryf, die houtbedryf, of as geskoolde arbeid en huiswerkers. Die eerste Afrikane wat na die Engelse kolonies ingevoer is, is as " indentured servants "geklassifiseer, soos werkers uit Engeland, asook as "lewenslange leerlinge". Teen die middel van die 17de eeu het slawerny 'n rassedimensie gekry en was die slawe en hul nageslag wettiglik die eiendom van hul eienaars. Kinders wat van slawemeisies gebore is, was ook slawe. Hulle is as handelsware of arbeidseenhede beskou en saam met ander goedere en dienste op markte verkoop.

Die belangrikste nasies wat aan die Atlantiese slawehandel deelgeneem het was, volgens handelsvolume: die Portugese, die Britte, die Franse, die Spanjaarde en die Nederlandse Ryk. Verskeie het buiteposte op die Afrika-kus gevestig waar hulle slawe van plaaslike Afrika-leiers gekoop het. Klein, Herbert S. en Jacob Klein. Die Atlantiese Slawehandel . Cambridge University Press, 1999, pp. 103-139. Slawe is in 'n factorie of depot aangehou terwyl hulle gewag het om verskeep te word. Volgens onlangse skattings is ongeveer 12 miljoen Afrikane oor die Atlantiese Oseaan verskeep,Ronald Segal, The Black Diaspora: Five Centuries of the Black Experience Outside Africa (New York: Farrar, Straus and Giroux, 1995), , p. 4. "It is now estimated that 11,863,000 slaves were shipped across the Atlantic." (Note in original: Paul E. Lovejoy, "The Impact of the Atlantic Slave Trade on Africa: A Review of the Literature", in Journal of African History 30 (1989), p. 368.) hoewel die hoeveelheid wat deur die handelaars aangekoop is aansienlik meer was, maar die sterftesyfer ter see baie hoog was. Eltis, David en Richardson, David, "The Numbers Game". In: Northrup, David: The Atlantic Slave Trade , 2de edn, Houghton Mifflin Co, 2002, p. 95. Basil Davidson. Die Afrika Slawehandel . Teen die begin van die 19de eeu het verskeie regerings die slawehandel verbied, hoewel onwettige smokkelary steeds plaasgevind het. In die vroeë 21ste eeu het verskeie regerings amptelik om verskoning vir die transatlantiese slawehandel gevra.

Die Atlantiese slawehandel het ontwikkel nadat handelskontrakte tussen die "Ou Wêreld" (Afro-Eurasië) en die "Nuwe Wêreld" die Amerikas ) gevestig is. Oor die eeue het vloedstrome die oseaanreise besonder moeilik en riskant gemaak vir die skepe wat destyds beskikbaar was, en as sodanig was daar baie min, of geen, maritieme kontak tussen die mense wat op die onderskeie vastelande woon het. Thornton 1998 , pp. 15-17. In die 15de eeu het nuwe Europese ontwikkeling in seevaarttegnologie egter tot gevolg gehad dat skepe beter toegerus was vir die getystrome en kon die Atlantiese Oseaan verken word. Tussen 1600 en 1800 het ongeveer 300 000 matrose wat by die slawehandelbetrokke was, Wes-Afrika besoek.

Oorsprong van slawerny Slawerny in die Midde-Ooste was van die vroegste tye deel van sosiaal-ekonomiese opset van die Semitiese volke. In die Bybel word in Genesis 6 tot 21 verwys na die Hebreeuse Verbondspatriarg, Abram, wat ʼn Egiptiese slavin, Hagar, gehad het by wie hy ʼn seun, Ismael, verwek het. Abram se Hebreeuse vrou, Sarai, het Hagar sleg behandel en by Abram aangedring om Hagar en Ismael weg te stuur. Hagar en Ismael het daarop die Berséba-woestyn ingevlug. Later het Ismael vir hom ʼn Egiptiese vrou geneem en die stamvader van die Arabiere geword.

Ook in Genesis 37 tot 39 word vertel van Josef, seun van Jakob (Israel), wat deur sy broers in Dotan as ʼn slaaf aan Ismaelitiese handelaars (nakomelinge van Ismael) vir twintig sikkels silwer verkoop is. Josef is na Egipte ontvoer en aan Potifar, leërowerste van Farao, verkoop. Dit was na raming 2 000 jaar voor Christus.

Die Encyclopedia Britannica definieer slawerny as die maatskaplike goedkeuring van gedwonge knegskap soos toegepas deur een mens of ʼn groep mense op ʼn medemens. Tot aan die begin van die 20ste eeu is slawerny as ʼn eiendomsreg beskou. Die handel in ontvoerde mense ter wille van goedkoop dwangarbeid is eeue lank skriftuurlik deur die onderskeie kerkgenootskappe geregverdig. Ook het filosowe soos John Hobbes en Thomas More die toestand van slawerny as deel van die menslike toestand beskou.

In 1842, toe slawerny in die Britse Ryk reeds verbied was, het die Britse konsul in Marokko by dié land se sultan verneem watter maatreëls hy getref het om slawerny af te skaf. ʼn Hoogs verbaasde sultan het geantwoord dat “slawehandel ʼn saak is waaroor alle godsdienste en nasies saamgestem het van die tyd van Adam se seuns . . . tot vandag.”

Moslem-slawehandelaars en Afrika-stamhoofde In sy boek Kaap van Slawe (2012) skryf Marthinus van Bart dat die Moslem-slawehandelaars, wat al baie eeue voor die era van die transatlantiese slawebedryf slawemarkte in Sentraal- en Noord-Afrika en die Midde-Ooste gevestig en beheer het, vanaf die 16de eeu ywerig tot die ontluikende slawehandel tussen Afrika, Engeland, Europa en die Amerikas toegetree het. Hulle was uit hul eeue-lange ervaring veral bedrewe in die vang of inkoop van Afrikane en om hulle aan die factories aan die kus in die hande van die Engelse slawehandelaars met hul skepe te besorg. Arabies-Moslemse slawevergaarders, wat die binneland van Sentraal- en Noord-Afrika van ca. 650 tot 1905 beheer het, het sowat 25 miljoen Afrikane in slawerny ontvoer, waarvan nagenoeg 2 miljoen tydens gevangeneming of transportasie gesterf het.

Dié Arabiere se handelshoofstad in Ekwatoriaal-Sentraal-Afrika was die legendariese Timboektoe in Mali. Afrika-stamhoofde het reeds sewe eeue voordat die eerste blanke slaweskepe die Afrika-kus bereik het, ʼn winsgewende slawehandel met die Arabiere van Noord-Afrika en hul Islamitiese bondgenote van die Midde-Ooste bedryf. Stamme het mekaar voortdurend aangeval en die krygsgevangenes is verkoop. Van stamgenote wat stamwette oortree of wat polities of maatskaplik ongewens was, is ontslae geraak deur hulle as slawe te verkoop.

Vanaf die 17de tot die vroeë 20ste eeu het hierdie slawehandelaars na raming meer as 9 miljoen Afrikane van Sentraal-Afrika net op die Sahara-roete via Timboektoe ontvoer na die noorde en die Midde-Ooste, waar hoogs ontwikkelde slawehandelsmarkte was. Toe Europese slawehandelaars hulle tot Afrika begin wend het, het hulle aanvanklik simbioties van hierdie reeds bestaande slawehandelstruktuur gebruik gemaak en nie dadelik daarop inbreuk gemaak nie. Engeland se Barbary Company van 1585 was die eerste buitelandse organisasie wat die handel probeer oorneem het, maar kon toe nie daarin slaag nie. 

Hoekstene van die slawehandel Die drie hoekstene van die transatlantiese slawebedryf was volgens Van Bart (2012) Engelse en Amerikaanse kapitaal en vervaardigde ware, Wes-Afrikaanse slawe-arbeidskrag en Amerikaanse roumateriale en kommoditeite. Indien alles vir ʼn slawevang-ekspedisie reg verloop het – daar was groot risiko’s aan verbonde – is ʼn wins van 100% op die beleggingskoste verkry. Die gemiddelde opbrengs vir gewone beleggers was egter 9% tot 10%.

Die Engelse slaweskepe het hul slawehandelsekspedisies in drie vaarte uitgevoer, naamlik die Uitvaart, die Middelvaart en die Terugvaart.

Die Uitvaart het gestrek van die hawens van Londen, Liverpool en Bristol na die Kanariese Eilande, waar proviand en vars water ingeskep is. Dié seetog en die verblyf daar kon van twee weke tot ʼn maand duur. Die seilskepe se verdere tog van daar na die Wes-Afrikaanse kus, waar die slawe gevang of aangekoop is, het nog ʼn maand geduur, afhangende van die wind en weer. Hul verblyf aan die weskus van Ekwatoriaal-Afrika het van 5 tot 10 maande geduur, afhangende van hoe spoedig slawe aangebring en gekoop of verruil kon word.

Die Middelvaart van Afrika na die Amerikas het sowat 6 tot 10 weke geduur, terwyl die Terugvaart se tydsduur na die tuishawens van oorsprong van die weer en die kaptein afgehang het, maar dit was normaalweg ook 6 tot 10 weke.

Tydens die vergaartydperk en die Middelvaart kon ʼn slaaf so lank as ʼn jaar in ʼn skeepsruim ingekerker gewees het voordat hy of sy ʼn voet op vaste grond in die Amerikas of elders kon sit. Om hierdie rede is onder meer na die slaweskepe verwys as “drywende tronke”. Omdat so baie slawe binne daardie inkerkeringstydperk aan boord gesterf het, is die skepe ook “drywende doodskiste” genoem.

Omdat die slawehandel in wese ʼn etieklose bedryf was, was skeepskapteins altyd gereed om ander slaweskepe met geweld van hul vragte slawe te beroof. Dikwels is so ʼn skip, die bemanning, proviand en die vrag slawe buitgemaak. Dorpies en gehuggies aan die kus en rivieroewers is dikwels vanaf die skeepsdekke met kanonvur aangeval om verwarring onder die inwoners te saai alvorens hulle gevang en met geweld in die skeepsruime gedwing is.

Die slaweskepe was aanvanklik enige van verskeie soorte vragskepe wat deur die skeepskrynwerkers intern verbou is om slawe in plaas van gewone vrag te vervoer. Mettertyd, veral sedert die middel 1700’s, is die skepe reeds in die skeepswerwe volgens spesiale voorskrifte eksklusief as slaweskepe gebou.

Slawehandelaars en die binneland van Afrika In die 1500’s, toe die transatlantiese slawebedryf nog ongestruktureerd was, is Afrika-slawe op lukrake wyse deur inheemse slawehandelaars in kano’s na die Engelse of Europese skepe gebring en op die bodek aan die skeepskapteins verkoop. Namate die handel toegeneem het, is slawe by klein handelsposte aan rivieroewers versamel en daar aan skeepskapteins verkoop, wat die slawe dan in bote na die skepe, geanker by die riviermondings aan die kus, gebring het.

Die bloeiende transatlantiese slawehandel het die kusgebiede van Wes-Afrika egter betreklik gou ontvolk, sodat die skeepskapteins of hul plaaslike aankopers begin om slawe in die binneland te vang of om hulle by handelsposte van plaaslike hoofmanne te koop of te verruil. Daar het die skeepskapteins die gesondste slawe uitgekies, wat deur die skeepsjirurgyns vir gebreke of siektes ondersoek is. Die gekeurdes is in vasgekettingde groepe na depots aan die kus aangejaag en aan boord van die wagtende slaweskepe gelaai.