duimnael|'n Gedenkplaat op 'n sypaadjie voor 'n Berlynse woonhuis herinner aan 'n Sjoa-slagoffer wat hier gewoon het, gedeporteer en in Riga, Letland vermoor is duimnael|Die Auschwitz-konsentrasiekamp vanaf sy binnekant gesien kort nadat dit in Januarie 1945 deur die Rooi Leër bevry is duimnael|Kaart van die Sjoa in Europa
Die Holocaust (oftewel Sjoa, Volkslagting, Uitwissing, Jodeslagting, of Joodse Volksmoord), ook bekend as die HaShoah (Hebreeus: השואה, HaShoah, "die katastrofe" letterlik "die ongeluk", "die ramp" of "die onheil") in Hebreeus of die Holocaust in vele ander tale (waaronder Duits, Engels, Nederlands en Pools), is die algemene term wat gebruik word om die uitmoor van ongeveer ses miljoen Europese Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog te beskryf. Die Sjoa het plaasgevind as deel van 'n program van doelbewuste uitwissing, beplan en uitgevoer deur die nasionaalsosialistiese regeringstelsel onder leiding van Adolf Hitler.Niewyk, Donald L. The Columbia Guide to the Holocaust, Columbia University Press, 2000, bl.45: "The Holocaust is commonly defined as the murder of more than 5,000,000 Jews by the Germans in World War II." Sien ook "The Holocaust," Encyclopaedia Britannica, 2007: "the systematic state-sponsored killing of six million Jewish men, women, and children and millions of others by Nazi Germany and its collaborators during World War II. The Germans called this "the final solution to the Jewish question." Die term Holocaust is afgelei van die Griekse holokauston, ὁλόκαυστος holókaustos: hólos, "heeltemal" en kaustós, "verbrand"),. 'n vertaling van die Hebreeuse woord olah, wat 'n verbrande offer was wat heelhuids aan God geoffer is.
Die Sjoa was 'n volksmoord waartydens Adolf Hitler se Nazi-Duitsland en sy medewerkers sowat ses miljoen Jode uitgewis het.. Die slagoffers het sowat een miljoen kinders ingesluit en verteenwoordig sowat tweederdes van die nege miljoen Jode wat in Europa gebly het.. Sommige definisies van die Holocaust sluit nog verder die bykomende vyf miljoen nie-Jode in, wat ook slagoffers van die Nazis se massamoorde was. Dit bring die getal slagoffers dan op elf miljoen te staan. Die moorde is regdeur Nazi- Duitsland en gebiede wat deur die Nazis beset was, gepleeg.Niewyk, Donald L. and Nicosia, Francis R. The Columbia Guide to the Holocaust, Columbia University Press, 2000, pp. 45–52.
Ander groepe duimnael|Hongaarse Jode word deur die Nazis uitgesoek om na die gaskamers in die Auschwitz-konsentrasiekamp te gaan, Mei/Junie 1944"The Auschwitz Album". Ander groepe was ook vervolg en vermoor deur die Nazi's, waaronder 'n beraamde 220 000 Sinti en Roma ("sigeuners" in die omgangstaal), asook onbevoegdes en invalides, homoseksuele mense, kommuniste en ander politieke gevangenes, Jehovah se Getuies, Poolse burgers en Sowjetse krygsgevangenes (Oekraïners, Russe en Wit-Russe).Berenbaum, Michael. The World Must Know, The United States Holocaust Memorial Museum."Holocaust:Non-Jewish victims of Nazism", Encyclopaedia Britannica. Baie akademici beskou die gepoogde uitwissing van hierdie groepe nie as deel van die Sjoa nie en verwys daarna as die volksmoord van die Europese Jode, of, soos die Nazi's daarna verwys het: "Die finale oplossing van die Joodse vraag" ("Die Endlösung der Judenfrage"). As al die slagoffers van die Nazi's se vervolging in ag geneem word dan styg die dodetal merkwaardig: algemene beramings plaas die totale aantal slagoffers tussen 9 en 11 miljoen.Holocaust Forgotten noem die 5-miljoen vergete nie-Joodse slagoffers van die Sjoa. Donald Niewyk stel voor dat die wydste definisie 'n dodetal van 17 miljoen sou gee. Die getal 26 miljoen word in die Service d'Information des Crimes de Guerre: Crimes contre la Personne Humain, Camps de Concentration (Parys, 1946), 197 weergegee.
Fases Vanaf 1941 tot 1945 is Jode in die grootste volksmoord ooit, stelselmatig doodgemaak. Dit was deel van 'n groter veldtog van onderdrukking en doodmaak van verskeie etniese en politieke groepe in Europa. Elke afdeling van die Duitse burokrasie was by die logistiek en die uitvoer van die volksmoord betrokke. Ander slagoffers van die Nazi misdade was die Romas, etniese Pole, Sowjet-krygsgevangenes, kommuniste, homoseksueles, Jehova-getuies en die geestelik- en liggaamlik gebreklike mense. 'n Netwerk van sowat 42 500 instellings is in Duitsland en in Duits-besette gebiede gebruik om slagoffers aan te hou vir slawe-arbeid, massamoorde, en ander menseregteskendings. Meer as 200 000 mense was na raming by die wandade betrokke. duimnael|Die Sturmabteilung (stormtroepe) betoog op 1 April 1933 in Duitsland vir 'n nasionale boikot teen alle Joodse sakeondernemings. Die stormtroepe staan voor die Israelse Afdelingswinkel in Berlyn. Die plakkate sê: "Duitsers! Verdedig julself! Moenie by Jode koop nie! ("Deutsche! Wehrt Euch! Kauft nicht bei Juden!") Die winkel is later tydens die Kristalnacht in 1938 gestroop en die eiendom aan 'n nie-Jood gegee.
Die vervolgings en volksmoord was in fases uitgevoer, wat uiteindelik uitgeloop het op die, soos die Nazis dit genoem het: Die "Finale Oplossing" vir die "Joodse Vraagstuk" (die Endlösung der Judenfrage), 'n agenda om die Jode van Europa uit te wis. Aanvanklik het die Duitse regering wetgewing toegepas wat Jode heeltemal van die burgerlike samelewing afgesonder het. Die Nazis het in 1933 begin om konsentrasiekampe te bou, en kort na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939, is daar met die ghetto's begin. Namate Nazi Duitsland in 1941 ander lande in Oos-Europa verower het, is gespesialiseerde para-militêre eenhede, Einsatzgruppen, op die been gebring wat sowat twee miljoen Jode en partisane vermoor het- soms in massas saam doodgeskiet. Teen die einde van 1942 was dit 'n algemene verskynsel dat slagoffers gereeld met vragtreine na uitwissingskampe vervoer is, waar hulle, as hulle die moordende treinritte oorleef, die meeste stelselmatig in die gaskamers doodgemnaak is. Dit het so aangegaan tot met die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Europa in April-Mei 1945.
Die Jode het min weerstand gebied. Die kenmerkendste uitsondering was egter die Opstand in die Warskou-ghetto van 1943, toe duisende swak bewapende Joodse vegters vir vier weke lank weerstand teen die Waffen-SS gebied het. 'n Geraamde 20-30 000 Joodse partisane het aktief deelgeneem aan die oorlog teen die Nazis en hul medewerkers in Oos-Europa.."Resistance During the Holocaust". Franse Jode het saam met die Franse Weerstand in 'n guerilla-stryd teen die Nazis en die Vichy Franse bewind geveg. Daar was meer as 100 Joodse opstande gewees.Jewish Partisan Education Foundation , verkry op 22 Desember 2013.
Etimologie en gebruik van die term duimnael|Joodse vlugtelinge word deur Britse polisielede in Maart 1939 van die Croydon-lughawe af begelei. Hulle is op vlugte gesit terug na Warskou. Die term holocaust is afgelei van die Griekse woord, holókauston, wat verwys na 'n diereoffer aan 'n god waar die hele (olos) offerdier heeltemal verbrand (kaustos) word."What is the origin of the word 'Holocaust'?"
Die Bybelse woord Sjoa (שואה; ook vertaal na sho'ah en shoa), beteken "ondergang" en het in die vroeë 1940's die standaard Hebreeuse term vir die Holocaust in veral Europa en Israel geword."The Holocaust: Definition and Preliminary Discussion", Yad Vashem. Sjoa is om verskeie redes die gekose benaming by baie Jode. Onder meer word die woord "holocaust" gesien as 'n verwysing na die teologies-aanstootlike aard van heidense Griekse gebruike.Byvoorbeeld het die Israeli-joernalist, Amira Hass, die dogter van twee Holocaust-oorlewendes en vertaler van die 2009 Engelse uitgawe van haar ma se dagboek van Bergen-Belsen-belewenisse () aangevoer: " 'Die Holocaust' is 'n onjuiste term … asof iets uit die lug geval het, uit die bloue hemel, een of ander katastrofe, 'n natuurramp eerder as 'n mensbewerkte onheil."
Die Nazis het die frase "Finale Oplossing" baie gereeld aangewend om na die Joodse Volksmoord te verwys, hul optrede in die "Joodse Vraagstuk". Elke segment van die Duitse burokrasie was in die logistiek betrokke wat tot die volksmoorde gelei het. Dit het Duitsland verander in, wat een Holocaust-navorser, Michael Berenbaum, 'n "volksmoordstaat" genoem het.Compare: Kerkleiers en die department van binnelandse sake het geboortesertifikate beskikbaar gestel om te sien wie Jode is en wie nie; die poskantoor het die deportasie- en denaturalisasiebevele afgelewer; die finansministerie het op Joodse eiendom beslag gelê; Duitse firmas het Jode afgedank en Joodse aandelebeurshouers is van hul regte ontneem.
Uitwissingskampe duimnael|Die rasseklassifikasiekaart ingevolge die Neurenbergwette van 1935. Die gebruik van uitwissingskampe (daar is ook na dit as "doodskampe" verwys) is met gaskamers toegerus vir die stelselmatige uitwissing van mense. Die gaskamers was 'n ongekende kenmerk van die Holocaust. Dit is by Auschwitz, Belzec, Chelmno, Jasenovac, Madjanek, Maly Trostenets, Sobibór en Treblinka gebou. Dit is gebou vir die stelselmatige doodmaak van miljoene, primêr met vergassing, maar ook deur teregstellings en slawearbeid onder uiterste hongersnood-toestande. Die slagoffers van slawearbeid was basies doodgewerk.
Kristallnacht (1938) links|duimnael|'n Sinagoge brand op 10 November 1938. duimnael|Die 930 Joodse vlugtelinge aan boord van die skip, MS St. Louis, is toegang tot Kuba, Amerika en Kanada, geweier. Die skip was gedwing om terug te vaar na Europa. Op 7 November 1938 vermoor 'n Joodse minderjarige, Herschel Grünspan, die Nazi Duitse diplomaat, Ernst vom Rath, in Parys.. Die Nazis misbruik die voorval om op groot skaal gewelddadige aanvalle op Duitse Jode te loods met die verskoning van "spontane openbare verontwaardiging". Die geweld teen Jode bars landwyd in Duitsland los. Dit is deur die Nazi Party aangestig en die Sturmabteilung het die strate ingevaar. Die orgie van geweld het bekend geword as Kristalnacht (Nag van die Gebreekte Glas). Jode is aangeval en Joodse eiendom gevandaliseer. Meer as 7 000 Joodse eiendom en meer as 1 200 sinagoges (rofweg geraam tweederdes van alle sinagoges onder Duitse beheer) is beskadig of verwoes. .
Hervestiging en deportasie regs|duimnael|250x250px|'n Joodse massagraf naby Zolochif, Wes-Oekraïne (Nazi-beheerde Sowjetunie-gebied). Die foto is deur Sowjetsoldate in die Gestapo-hoofkwartier in Zolochif gekry.
Konsentrasie- en arbeidskampe (1933–1945) links|duimnael|12 April 1945: Lager Nordhausen waar 20 000 aangehoudenes vermoedelik dood is. Die Derde Ryk (Nazi-Duitsland) het aan die begin die konsentrasiekampe as plek van opsluiting gebruik. Hoewel die dodetal hoog was- die sterftesyfer was 50%- was dit nie ontwerp as doodskampe nie. Na 1939 het die kampe al hoe meer ontaard in plekke waar Jode en krygsgevangenes doodgemaak of as gedwonge handearbeiders misbruik is- ondervoed en gedurig uitgelewer aan wrede martelings.. Teen 1942 was daar reeds ses groot kampe in Pole gebou, uitsluitlik vir die doel om mense dood te maak. Na raming het die Duitsers 15 000 kampe en subkampe in die besette gebiede. meestal in Oos-Europa, gehad."Concentration Camp Listing", Jewish Virtual Library."The Forgotten Camps".
Uitwissing deur arbeid was 'n beleid van stelselmatige uitwissing- gevangenes is letterlik tot die dood toe laat werk, of tot totale uitputting gedryf waarna die gaskamers, of 'n skoot deur die kop, die einde beteken het..; .
Sommige kampe het die mense by hul aankoms met 'n identifikasienommers getatoeëer.. Diegene gesond genoeg vir werk moes skofte van 12-14 ure werk. Boonop was hulle, voor en na werk, gereeld vir ure aan die deurgaan van registerlyste onderwerp; gevangenes is gereeld aan blootstelling dood. duimnael|Uitgeteerde kinderlykies in die Warskou-ghetto