duimnael|regs|Hoofpawiljoen, Stadion Sander Tannen, Hamburg
ASV Bergedorf 85 is 'n Duitse sportklub uit die stadswyk Bergedorf in Hamburg, veral bekend vir sy sokkerafdeling.
Behalwe sokker, bied die klub ook aikido, pluimbal, gimnastiek, handbal, karate, swem, branderplankry, dans, tennis, tafeltennis en watersport.
Die klub is in 1885 gestig as Allgemeine Turnverein (ATV) Bergedorf. In 1911 is daar met Arbeiter Turnverein Phönix Sande saamgesmelt om Freien Turnerschaft Bergedorf-Sande te vorm. Na die herdoping van die stadswyk het die klubnaam in 1929 verander na Freie Turnerschaft Bergedorf-Lohbrügge. As 'n werkersklub het die klub sedert 1933 nie verder in die DFB se kompetisies deelgeneem nie, maar in die Arbeiter-Turn-und Sportbund (ATSB). Na die ontbinding van die ATSB deur die Nazi’s het die klub 'n lae profiel gehandhaaf in die onderste lae van die ligasisteem, totaal in die skadu van die plaaslike burgerlike teenstander SSB Bergedorf 1860 (vandag TSG Bergedorf 1860). Na die opskorting van alle sportklubs deur die Britse besettingsmagte tydens die Tweede Wêreldoorlog is die klub op 20 Januarie 1946 heropgerig as "ASV Bergedorf 85".
Die klub se beste tye was gedurende die 1950’s, toe dit in die Oberliga, destyds die hoogste klas in die Duitse Bondsrepubliek, meegeding het.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Noord 8ste 1964-65 (II) Regionalliga Noord 8ste 1965-66 (II) Regionalliga Noord 11de 1966-67 (II) Regionalliga Noord 11de 1967-68 (II) Regionalliga Noord 15de 1968-69 (II) Regionalliga Noord 11de 1969-70 (II) Regionalliga Noord 16de 1970-71 (III) Amateurliga Hamburg 9de 1971-72 (III) Amateurliga Hamburg 1ste 1972-73 (III) Amateurliga Hamburg 3de 1973-74 (III) Amateurliga Hamburg 4de 1974-75 (IV) Landesliga Hamburg 5de 1975-76 (IV) Landesliga Hamburg 1ste 1976-77 (IV) Landesliga Hamburg 3de 1977-78 (IV) Landesliga Hamburg 1ste 1978-79 (IV) Verbandsliga Hamburg 2de 1979-80 (IV) Verbandsliga Hamburg 2de 1980-81 (IV) Verbandsliga Hamburg 8ste 1981-82 (IV) Verbandsliga Hamburg 3de 1982-83 (IV) Verbandsliga Hamburg 11de 1983-84 (IV) Verbandsliga Hamburg 4de 1984-85 (IV) Verbandsliga Hamburg 10de 1985-86 (IV) Verbandsliga Hamburg 11de 1986-87 (IV) Verbandsliga Hamburg 12de1987-88 (IV) Verbandsliga Hamburg 6de 1988-89 (IV) Verbandsliga Hamburg 9de 1989-90 (IV) Verbandsliga Hamburg 6de 1990-91 (IV) Verbandsliga Hamburg 4de 1991-92 (IV) Verbandsliga Hamburg 3de 1992-93 (IV) Verbandsliga Hamburg 4de 1993-94 (IV) Verbandsliga Hamburg 2de 1994-95 (IV) Oberliga Hamburg-SH 11de 1995-96 (IV) Oberliga Hamburg-SH 14de 1996-97 (V) Verbandsliga Hamburg 2de 1997-98 (IV) Oberliga Hamburg-SH 16de 1998-99 (V) Verbandsliga Hamburg 10de 1999-00 (V) Verbandsliga Hamburg 1ste 2000-01 (V) Verbandsliga Hamburg 2de 2001-02 (IV) Oberliga Hamburg-SH 4de 2002-03 (IV) Oberliga Hamburg-SH 4de 2003-04 (IV) Oberliga Hamburg-SH 6de 2004-05 (IV) Oberliga Noord 10de 2005-06 (IV) Oberliga Noord 11de 2006-07 (IV) Oberliga Noord
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Bergedorf Kategorie:Hamburg