duimnael|Die Jadestadion in Wilhelmshaven.

SV Wilhelmshaven is 'n Duitse sokkerklub uit Wilhelmshaven in Neder-Sakse.

Geskiedenis FC Comet is in 1905 gestig en is kort daarna herdoop na FC Deutschland Wilhelmshaven. In 1912 het die klub met Heppenser BSV saamgesmelt en in 1924 met VfB Wilhelmshaven om Wilhelmshavener SV 1906 te word.

In 1939 het SV 06 met VfL 1905 Rüstringen saamgesmelt om SpVgg Wilhelmshaven 05 te vorm. Die span het meegeding in die Gauliga Neder-Sakse (en tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Gauliga Weser-Ems), een van die 16 topligas in die Duitse sokkerstruktuur ten tyde van die Derde Ryk.

Die span het in 1943 en 1944 aan die nasionale eindtoernooi deelgeneem, maar is redelik vroeg uitgeskakel.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die span eers weer in 1952 herstig en in 1972 is daar met TSV Germania saamgesmelt om die huidige SV Wilhelmshaven te vorm.

In 1992 het SVW met Olympia Wilhelmshaven saamgesmelt, maar Olympia se spelers het weer die vereniging verlaat. In 2000 wou die twee groepe weer verenig, maar die DFB het die versoek geweier weens SV Wilhelmshaven se beroerde finansies en 'n dreigende bankrotskap, wat op die ou end afgeweer is.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (III) Amateurliga Neder-Sakse-W 1ste 1964-65 (III) Amateurliga Neder-Sakse 5de 1965-66 (III) Amateurliga Neder-Sakse 5de 1966-67 (III) Amateurliga Neder-Sakse 6de 1967-68 (III) Amateurliga Neder-Sakse 5de 1968-69 (III) Amateurliga Neder-Sakse 4de 1969-70 (II) Regionalliga Noord 15de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 6de 1971-72 (II) Regionalliga Noord 8ste 1972-73 (II) Regionalliga Noord 12de 1973-74 (II) Regionalliga Noord 7de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Noord 17de 1975-76 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1976-77 (III) Am.Oberliga Noord 10de 1977-78 (III) Am.Oberliga Noord 12de 1978-79 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1979-80 (III) Am.Oberliga Noord 17de 1980-81 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 13de 1981-82 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 2de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord 15de 1983-84 (III) Am.Oberliga Noord 11de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord 8ste 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 11de 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 17de 1988-89 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 16de 1990-91 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 15de 1992-93 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 3de 1993-94 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 1ste 1994-95 (III) Regionalliga Noord 9de 1995-96 (III) Regionalliga Noord 10de 1996-97 (III) Regionalliga Noord 13de 1997-98 (III) Regionalliga Noord 9de 1998-99 (III) Regionalliga Noord 7de 1999-00 (III) Regionalliga Noord 4de 2000-01 (III) Regionalliga Noord 10de 2001-02 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 3de 2002-03 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 4de 2003-04 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 2de 2004-05 (IV) Oberliga Noord 2de 2005-06 (IV) Oberliga Noord 1ste 2006-07 (III) Regionalliga Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Regionalliga Noord 2010/11-seisoen Hertha BSC Berlyn II, Türkiyemspor Berlyn, Eintracht Brunswyk II, Chemnitzer FC, FC Energie Cottbus II, Hallescher FC, Hamburger SV II, Hannover 96 II, TSV Havelse, Holstein Kiel, RB Leipzig, VfB Lübeck, 1. FC Maagdenburg, ZFC Meuselwitz, FC Oberneuland, VFC Plauen, SV Wilhelmshaven, VfL Wolfsburg II

Wilhelmshaven