Amanda Sofia Margareta Lind (née Johansson , gebore 2 Augustus 1980) is 'n Sweedse politikus vir die Miljöpartiet (Groen Party). Sedert 2019 is sy die nuwe minister van kultuur en demokrasie in die Löfven-kabinet.
Lind het grootgeword in Luleå. Haar pa was 'n priester en haar ma was 'n apteker. Sy het in 1999 'n lid van Miljöpartiet geword.
Sy is getroud met die rolprentmaker Björn Ola Lind. Die egpaar het twee kinders.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense