Die Vought F7U Cutlass is 'n vegvliegtuig wat ontwerp is vir vliegdekskepe en is gebruik deur die Amerikaanse Vloot. Die spesifikasie, uitgereik deur die Amerikaanse Vloot, het 'n vegvliegtuig wat 965 km/h (600 mph) kan bereik gespesifiseer. Die vliegtuig het nie stertvlerke nie, slegs hoofvlerke. Daar is wel twee stertvinne. Hierdie ontwerp is beïnvloed deur werk gedoen deur die Duitse Arado-maatskappy. Die vlerke is amper deltavormig met 'n hoek van 38°.

Die Cutlass is die Amerikaanse Vloot se eerste produksie supersoniese vliegtuig. Van die eerste model, F7U-1, was slegs veertien gebou en hulle was hoofsaaklik gebruik vir toetswerk en opleiding. Die vliegtuig het baie instandhoudingswerk vereis en het 'n hoë ongeluk voorkoms gehad, tog was hulle gewild onder die vlieëniers. Hulle kon gravitasie kragte van tot 16 G ondervind tydens intense duikvlugte met die vliegtuig.

Model F7U-3 was in diens gestel in 13 Eskaders in die Vloot en Marinierskorps. Hierdie model was in wese 'n nuwe ontwerp, die romp en vlerke was versterk. Meer paneel deksels en deurtjies was toegevoeg om instandhouding tye te verkort. Die neus was ook herontwerp, om uitsig vir die vlieënier te verbeter en ook omrede die neuswiel verleng en versterk was. Hierdie model was in diens gestel in 1954.

Model F7U-3M was toegerus om vier laser geleiding Sparrow lug-tot-lug missiele te kan dra. Die meeste van die vliegtuie was onttrek aan diens in 1956/7. Model F7U-3 het net so hoë ongevalle voorkoms gehad met 25% van alle vliegtuie wat verlore gegaan het in ongelukke.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Vought F7U-3 Cutlass: Item Statistiek Aantal motore 2 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Westinghouse J46-WE-8A met nabrander, turbostraal Kraglewering per motor 2 767 stukrag Vlerkspan 12,09 m Lengte 13,13 m Hoogte 4,46 m Vlerkoppervlakte 46,08 m2 Maks. opstygmassa 14 353 kg Maks. snelheid 1 094 km/h Operasionele hoogte 12 190 m Togafstand 1 062 km Klimvermoë 3 960 m per minuut Bewapening Vier 20.0 mm kanonne, plus hangers vir missiele onder die vlerke.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie