Die Ortodokse Kerk van Oekraïne, ook bekend as die Oekraïens-Ortodokse Kerk, is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk in Oekraïne wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse Kerke is. Die Russies-Ortodokse Kerk en die Russiese regering aanvaar egter nie sy outokefalie nie. Outokefalie is op 6 Januarie 2019 deur die Ekumeniese Patriarg van Konstantinopel aan die Kerk tegeken. Die primaat van die kerk het die titel Metropoliet van Kijif en die hele Oekraïne. Die Kerk se hoofkantoor is in Kijif en teen Januarie 2023 het die Kerk meer as 8 000 gemeentes gehad.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Oekraïne Oekraïne