Die Gereformeerde Kerke is 'n Christelike kerk in Suid-Afrika wat in 1859 in Rustenburg gestig is. Lede van die kerk word soms na verwys as Doppers. As een van die oudste kerkverbande onder die Afrikaners, word dit beskou as een van die Drie Susterkerke.

Geskiedenis van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

duimnael|regs|210px|Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult. duimnael|regs|210px|Die Gereformeerde kerk Heilbron. duimnael|links|210px|Die Gereformeerde kerk Pretoria. duimnael|regs|210px|Die Gereformeerde kerk Pretoria-Wonderboom-Suid. duimnael|links|200x200px|Die Gereformeerde kerk Reddersburg. duimnael|regs|180px|Die Gereformeerde kerk Heidelberg, ontwerp deur Pieter Dykstra. duimnael|270x270px|links|Ds. Dirk Postma, grondlegger van die Kerk. duimnael|regs|190px|Die Gereformeerde kerk Burgersdorp. duimnael|regs|190px|Die Gereformeerde kerk Steynsburg. duimnael|220px|regs|Die Gereformeerde kerk Venterstad. duimnael|190px|regs|Die Gereformeerde kerk Colesberg. duimnael|200px|regs|Die Gereformeerde kerk Bethulie. duimnael|200px|regs|Die Gereformeerde kerk, Elliot. duimnael|200px|regs|Die Gereformeerde kerk Aliwal-Noord. duimnael|regs|170px|Die Gereformeerde kerk Sannieshof. regs|200px|duimnael|Die Gereformeerde kerk Postmasburg. regs|220px|duimnael|Die Gereformeerde kerk Port Elizabeth. duimnael|regs|220px|Die Gereformeerde kerk Fauresmith.

In die vroeë 1800's het die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie vanaf Nederland die "nuwe" Psalmboek ingevoer in die erediens. Baie van die liedere in hierdie boek het die Belydenisskrifte (Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls) soos vasgestel by die Sinode van Dordtrecht in 1618/1619, weerspreek.

Die wyse van kerkregering het toenemend mag aan die staat en sinodale vergaderings gegee, en die gesag van plaaslike kerkrade daaraan ondergeskik gemaak.

Hierdie veranderinge het toenemend onrus onder 'n klein hoeveelheid lidmate veroorsaak. Van die begin af was daar lidmate wat nie die gesange wou sing nie. Die uitgangspunt onder hulle was: "In Gods huis Gods lied".

In 1859 het 15 broeders besluit om hulle af te skei van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Transvaal. Onder hulle was onder andere Paul Kruger, latere president van die Zuid-Afrikaanse Republiek.

Hulle het op 10 Februarie 1859 'n vergadering belê onder 'n seringboom by Rustenburg. By hierdie vergadering het 300 lidmate hulle laat inskrywe as lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Ds. Dirk Postma, wat 'n besoekende predikant uit Nederland was, is gevra om hulle predikant te wees, en hy het die beroep aangeneem en hom in Suider-Afrika gevestig.

Daar het spoedig die behoefte ontstaan vir die opleiding van predikante en onderwysers. Die eerste opleiding is op Burgersdorp in die Oos-Kaap gedoen waar die Teologiese Skool Burgersdorp in 1869 geopen het, maar na die Anglo-Boereoorlog is dit in 1905 verskuif na Potchefstroom.

Uit hierdie skool het die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gegroei tot 'n volwaardige universiteit, met die Fakulteit Teologie wat onder andere dien as 'n teologiese skool vir die opleiding van predikante.

Die Gereformeerde Kerke vandag Die volle naam van die Kerkverband is Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA).

Die Algemene sinode vergader al om die derde jaar in Potchefstroom, met die laaste sinodevergadering in 2026.

Die GKSA het 378 gemeentes wat in 15 tale bedien, met gemeentes in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Zambië.

Verder het die Kerke ekumeniese bande met kerke op al die bewoonde kontinente.

Liedboek van die Gereformeerde Kerke Die Gereformeerde Kerke gebruik vandag nog net Skrifberymings saam met die Psalms in hulle liedboek. 'n Skrifberyming is 'n gedeelte van die Bybel wat omdig is. Tot onlangs nog was daar net 50 Skrifberymings, maar nuwe skrifberymings word bygevoeg.

Buiten die liedere bevat die liedboek ook nog die volgende: Drie Formuliere van Eenheid wat bestaan uit die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Die formuliere vir die doop van kinders, belydenis van Geloof, die doop van volwassenes, die nagmaal, ban of afsnyding, heropname, die bevestiging van ouderlinge en diakens, die bevestiging van predikante, en bevestiging in die huwelik. Die Kerkorde. 'n Aantal Gebede.

Teologie Geloofsbelydenisse Apostoliese Geloofsbelydenis Geloofsbelydenis van Athanasius Geloofsbelydenis van Nicea

Konfessies Dordtse Leerreëls Nederlandse Geloofsbelydenis Heidelbergse Kategismus

Kerkregering Soos in die Calvinistiese kerkbeskouing, is Christus self die Hoof van die Kerk.Wettige roeping tot bepaalde diens Afgehaal 30 Januarie 2024 Die kerk volg die presbiteriale kerkregeringstelsel, waar die ouderling Christus se regering in die lig van die Skrif uitdra. Elke gemeente is selfstandig deel van die liggaam van Christus. Daarom word daar na die kerkverband in die meervoud verwys, naamlik die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika.

Gemeentes werk saam in kleiner streke (Klassisse genoem), groter streke (Streeksinodes) en almal kom saam in die Algemene sinode. Besluite wat hier geneem word is besluite van al die gemeentes gesamentlik. Die kerk bestaan uit die Oostelike Streeksinode, die Bosveldsinode, die Noordwes-sinode, die Streeksinode van Vrystaat en KwaZulu-Natal, die Suidelike Streeksinode en die Randvaalse Streeksinode.

Die Kerke verkies by wyse van die Streeksinodes in die jaar voorafgaande die Algemene Sinode, Kuratore vir ‘n dienstydperk van drie jaar met die oog op die voorsiening vir, die sorg van en die toesig oor die diens van predikantsopleiding. Hulle is gevolglik verantwoordelik om uitvoering te gee aan besluite oor teologiese- en predikantsopleiding en te sorg dat die teologiese- en predikantsopleiding geskied. Hulle opdrag word deur die Algemene Sinode gegee en hulle doen verslag aan die Algemene Sinode.

Kweekskool Die GKSA het 'n Teologiese Skool in Potchefstroom (TSP) opgerig om in die opleiding van studente (kandidate) deur geroepe ampsdraers (teologiese professore), volgens 'n leerplan wat deur die Kerke goedgekeur is, te voorsien.

Vanaf 1921 kon kandidate grade in Teologie by die PUK ontvang, in 1945 het 'n kontraktuele ooreenkoms tussen die GKSA en die PUK/PU vir CHO bepaal dat die beroepe professore ook dosente in die Fakulteit van Teologie sal wees, en dat die universiteit aan kandidate as ingeskrewe studente grade in die teologie sou toeken. Die Kerke het inspraak in die kurrikulum gehad en kon die professore vir die onderrig hiervan aan die PUK beskikbaar stel.

Die PUK, mettertyd die PU vir CHO en sedert 2004 die NWU, het die akademiese onderrig behartig en die Teologiese skool het saam gesmelt in die universiteit. Die keuring, onderrig en begeleiding van kandidate met die oog op kerklike eksaminering en beroepbaarstelling om as predikante te dien, is en word steeds deur die TSP behartig. Die Kerke kan nie sonder die TSP hulle taak om predikante vir die GKSA op te lei, uitvoer nie.

In 2019 het die NWU formeel kennis gegee dat sekere bepalings van die huidige ooreenkoms, bekend as die 2006-ooreenkoms, op grond van die onderwyswet en statute van die NWU vir hulle ʼn risiko inhou en dat hulle hierdie bepalings gevolglik nie meer sal kan nakom nie Die NWU gaan verder ook nie meer deur beroeping professore as dosente aanstel nie en normale arbeidswetgewingpraktyk gaan toegepas word vir die aanstelling van NWU teologiese personeel.

Aan die begin van 2023 het die NWU kennis gegee dat die ooreenkoms beëndig sal word. Die 2006-ooreenkoms bepaal egter dat die bepalinge wat daarin vervat is vir drie jaar na beëindiging nog sal geld.

Gereformeerde Teologiese Akademie Tydens die 2018 sinode was daar aan die Kuratore opdrag gegee om die wenslikheid van ‘n eie akademiese instelling te ondersoek. Sedert 2018 het die NWU daarop aangedring dat die Kerke so ‘n akademiese instelling oprig, met wie ‘n akademiese ooreenkoms onder bepaalde voorwaardes gesluit sou kon word. Die Kuratore het toe besluit om ‘n akademiese instelling op te rig en volgens die owerhede se vereistes as ‘n nie winsgewende maatskappy te registreer. Dit staan bekend as die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA). Algemene Sinode 2023 het hierdie oprigting aanvaar en opdrag aan die Kuratore gegee om die GTA tot sy volle potensiaal te ontwikkel, wat insluit dat die GTA kwalifikasies en programme ontwikkel en akkrediteer wat nodig is vir die opleidingsbehoeftes van die GKSA.

Sendingwerk Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het 'n aantal groeiende plaaslike gemeentes. Die denominasie het plaaslike uitreike in Botswana en Mosambiek. Daar is kerke wat sendelinge in Burundi ondersteun. Die Gereformeerde Kerk in Rustenburg het ooreenkoms met Koshin Presbiteriaanse Kerk in Korea om evangelisasie te ondersteun en nuwe multikulturele kerke in Rustenburg area te stig. Die kerk werk saam met die Presbiteriaanse Kerk van Brasilië in sendings in Angola en Mosambiek. Dit is ook betrokke by 'n Gereformeerde kerkaanleg in Hanoi. Deur lidmaatskap van die World Reformed Fellowship werk Gereformeerde Gemeentes saam met die WRF, byvoorbeeld in die Internasionale Instituut vir Islamitiese Studies.

2026 Algemene Sinode Die Algemene Sinode van Januarie 2026, gehou in Potchefstroom, het die langdurige dispuut oor Vroue in die Amp (VIDA), rakende die ordening van vroue tot die ampte van predikant en ouderling, aangespreek.

Agtergrond Die Algemene Sinode van 2009 het beslis dat vroue nie in die ampte van predikant en ouderling mag dien nie, met verwysing na 1 Timoteus 2:11-14 en 1 Korintiërs 14:34-35. Ten spyte van hierdie besluit het 'n aantal gemeentes voortgegaan om vroue as ouderlinge te orden. Daaropvolgende sinodes in 2015, 2016 en 2018 het appèlle teen die 2009-uitspraak verwerp.

In 2023 het die Algemene Sinode Deputate aangestel om advies voor te berei oor hoe om gemeentes aan te spreek wat nie aan sinodale besluite voldoen nie. Twee verslae is by die Sinode van 2026 ingedien: 'n Meerderheidsverslag (Agenda 20.5), wat voorgestel het om verskillende praktyke binne die denominasie te akkommodeer, en 'n Minderheidsverslag (Agenda 20.6), wat verpligte nakoming versoek het.

Besluit Die Sinode het die Meerderheidsverslag verwerp en die Minderheidsverslag met 'n aansienlike meerderheid aangeneem. Die aangeneemde resolusie het bepaal dat nie-nakoming van die 2009-besluit ongehoorsaamheid aan Christus daarstel en neerkom op self-losmaking van die denominasie. Gemeentes met vroue wat as ouderlinge dien, is twaalf maande gegee om hul besluite te herroep en vroue uit hul amp te ontslaan. Versuim om teen Januarie 2027 na te kom, sou lei tot formele erkenning van hul afskeiding van die GKSA.

Die Sinode het Deputate aangestel om Klassisse en Streeksinodes by te staan met implementering, insluitend sake rakende eiendom, finansies en die versorging van emerituspredikante.

Ekumeniese Implikasies Die Sinode het ook gestem om die Memorandum van Ekumeniese Samewerking met die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) op te skort, wat kanseluitruiling tussen die twee denominasies toegelaat het. Gemeenskap is beëindig met verskeie internasionale liggame, insluitend die Nederlandse Gereformeerde Kerken (NedlGK) in Nederland wat gevorm is uit die vorige susterkerk van die GKSA, die Gereformeerde Kerken Vrijgemaakt (GKV), die Gereformeerde Kerk in Japan, en die Christelik Gereformeerde Kerk in Noord-Amerika. Die GKSA het aangedui dat hulle voorneme is om bande met meer konserwatiewe liggame soos die Vrye Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (VGKSA) te versterk.

Ontvangs