Casparus Barlaeus (Antwerpen, 12 Februarie 1584 - Amsterdam, 14 Januarie 1648) was 'n beduidende Nederlandse humanis, skrywer, teoloog, historikus en digter. Hy latiniseer sy Nederlandse naam Caspar van Baerle in "Casparus Barlaeus".

Caspar van Baerle was die seun van Caspar van Baerle (griffier en later rektor van die Latynse skool in Zaltbommel) en Cornelia Eerdewijns. Hy het in teologie gestudeer aan die Universiteit van Leiden en geneeskunde aan die Universiteit van Caen. In 1641 word hy professor in filosofie in Amsterdam. Sy latynse digkuns is hoog aangeslaan. Hy was 'n groot bewonderaar van Johan Maurits, wie se biografie hy geskryf het en hy het met onder meer Descartes gekorrespondeer.

Teen die einde van sy lewe het Barlaeus aan ernstige depressie gelei en drogbeelde gesien. Die vermoede bestaan dat hy selfmoord gepleeg het deur in 'n waterput te spring omdat hy gedink het dat hy van strooi was en aan die brand geslaan het.

Werke deur Barlaeus 1625 - Manes Auriaci 1628 - Hymnus ad Christum 1628 - Poemata 1639 - Medicea hospes 1647 - Rerum in Brasilia et alibi gestarum (Die biografie van Johan Maurits) 1651 - Verskeie Nederduitse gedigte 1643 - Faces augustae (beroemde huwelike)

Eksterne skakels

http://www.let.leidenuniv.nl/Dutch/Latijn/BarlaeusBibliografie.html http://dbnl.org/auteurs/auteur.php?id=barl001

Kategorie:Nederlandse akademici Kategorie:Nederlandse digters Kategorie:Nederlandse geskiedkundiges Kategorie:Nederlandse predikante Kategorie:Nederlandse skrywers Kategorie:Nederlandse teoloë Kategorie:Geboortes in 1584 Kategorie:Sterftes in 1648