Dewald Wasserfall (gebore 11 Oktober 1984; Empangeni, KwaZulu-Natal)Meer oor Dewald , amptelike webtuiste is ’n Afrikaanse sanger. Hy was voorheen lid van die rockgroep Wasserfall. Die groep het in 2011 ontbind en Dewald volg sedertdien ’n sololoopbaan.
Sy eerste soloalbum was Vergeet Wat Jy Weet van Liefde, wat in 2012 uitgereik is en platinumstatus behaal het met die treffers “Eendag As Ons Groot Is”, “Sewentien” en “Vergeet Wat Jy Weet van Liefde”. Sy volgende album, Ek en Jy, het goue status behaal en ’n Sama gewen vir beste kontemporêre musiekalbum. Dit het ook vier Ghoema-benoemings en ’n Tempo-benoeming gekry. Sy nuutste album is Jy Is die Storm.
Wasserfall was die mentor van Ivan Roux en Deidré Barnard in die realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak wat op VIA op DStv uitgesaai is. Die Kontrak volg 'n wedloop vir 'n kontrak van ’n miljoen rand wat op die uiteindelike wenner wag. Wasserfall se liedjie "Nuwe Begin" was die program se temalied.
Diskografie Albums 2012: Vergeet Wat Jy Weet van Liefde 2014: Ek en Jy 2016: Jy Is die Storm 2019 : Elektrisiteit
Enkelspelers 2018: Nuwe Begin (Temalied Van Die Kontrak) 2021: “Oorleef” 2022: “Bedoel”
Filmografie Rolprente 2013: As jy sing as homself
Televisiereekse 2007: Reise & Soetkyse as mede-aanbieder 2018: Die Kontrak as homself
Kortfilms 2013: Eendag As Ons Groot Is: Dewald Wasserfall as onderwyser
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense