Sint Alban Anglikaanse Katedraal (Engels: St Alban's Anglican Cathedral) is 'n Anglikaanse kerk in Pretoria se middestad in Schoemanstraat. Die huidige katedraal is 'n uitbreiding van 'n Anglikaanse kerk wat in 1879 op die perseel opgerig is. Die kerkgebou is in 1909 in 'n katedraal omskep.PJ Greyling, Pretoria en die Anglo-Boere Oorlog, 'n Gids, Protea Boekhuis, Pretoria, Suid-Afrika, 2000, p33 Die kerk is vernoem na Sint Alban, die eerste Christen martelaar in Brittanje.Flags of the World Hertfordshire (United Kingdom) Besoek op 20 Januarie 2007

Die katedraal bevat 'n metaalkruis ter ere van Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein wat in 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog in Pretoria aan maagkoors gesterf het.

Verwysings

Kategorie:Kerkgeboue in Suid-Afrika Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria Kategorie:Katedrale