SC 04 Westfalia Herne is 'n Duitse sokkerklub uit Herne in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland. Die klub is op 13 Junie 1904 gestig. Sedert 9 September 1934 is die Stadion am Schloss Strünkede (kapasiteit vroeër 35 000 toeskouers) die tuiste van die klub.
Die Duitse sokkerstelsel is gereeld verander en die klub speel in die eerste 29 jaar van sy bestaan in 19 verskillende kompetities. In 1933 word sokker in Duitsland geherorganiseer tydens die Derde Ryk en word die Gauligas die hoogste speelklas vir sokker. In die eerste jaar van die Gauliga speel Westfalia nog in die 2de klas, maar hulle is kort daarna gepromoveer na die eerste liga. In 1937 word die klub visekampioen na FC Schalke 04 in die Gauliga Wesfale.
Na die Tweede Wêreldoorlog speel die klub in die Landesliga Wesfale, wat met die invoering van die Oberligas in 1947-48 die 2de hoogste speelklas word. In 1954 promoveer die klub na die Oberliga Wes (die verskillende Oberligas was destyds die hoogste speelklas in Duitsland). In 1959 word die klub kampioen van die Oberliga Wes (voor spanne soos 1. FC Keulen, BV Borussia Dortmund, VfL Bochum, SC Rooiwit Essen en FC Schalke 04) en 'n jaar later vise-kampioen. Die klub se grootste teenstander in hierdie tyd was sy buurman SV Sodingen. Ongelukkig vir Westfalia is die klub in 1963 sensasioneel uit die Oberliga gerelegeer en het as gevolg daarvan nie vir die nuutgestigde Bundesliga gekwalifiseer nie (gebaseer op sy vorige ligaposisies sou die klub kwalifiseer).
Na die stigting van die Bundesliga word Westfalia in die Regionalliga (2de klas) ingedeel waar hy nog enkele seisoene deelgeneem het. 'n Borgskap deur die petrolmaatskappy Goldin Imperium het die klub gehelp om die Bundesliga 2-Noord te bereik in die 1975/1976-seisoen as SC Westfalia Goldin Herne. Na die maatskappy se bankrotskap in 1979 was die klub egter verplig om aan die liga te onttrek na slegs een wedstryd in die 1979/1980-seisoen.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga-Wes 6de 1964-65 (II) Regionalliga-Wes 12de 1965-66 (II) Regionalliga-Wes 15de 1966-67 (II) Regionalliga-Wes 11de 1967-68 (II) Regionalliga-Wes 17de 1968-69 (III) Amateurliga Wesfale-SW 6de 1969-70 (III) Amateurliga Wesfale-SW 1ste 1970-71 (II) Regionalliga-Wes 12de 1971-72 (II) Regionalliga-Wes 14de 1972-73 (II) Regionalliga-Wes 15de 1973-74 (II) Regionalliga-Wes 17de 1974-75 (III) Amateurliga Wesfale-SW 6de 1975-76 (II) 2.Bundesliga-Noord 10de 1975-76 (II) 2.Bundesliga-Noord 10de 1975-76 (II) 2.Bundesliga-Noord 10de 1975-76 (II) 2.Bundesliga-Noord 10de 1979-80 (II) 2.Bundesliga-Noord onttrek na 1 wedstryd 1979-80 (III) Am.Oberliga Wesfale 9de 1980-81 (III) Am.Oberliga Wesfale 12de 1981-82 (III) Am.Oberliga Wesfale 17de 1982-83 (III) Am.Oberliga Wesfale 15de 1983-84 (III) Am.Oberliga Wesfale 16de 1984-85 (III) Am.Oberliga Wesfale 9de 1985-86 (III) Am.Oberliga Wesfale 6de 1986-87 (III) Am.Oberliga Wesfale 3de 1987-88 (III) Am.Oberliga Wesfale 2de 1988-89 (III) Am.Oberliga Wesfale 5de 1989-90 (III) Am.Oberliga Wesfale 16de 1990-91 (IV) Amateurliga Wesfale-SW 7de 1991-92 (IV) Amateurliga Wesfale-SW 3de 1992-93 (IV) Amateurliga Wesfale-SW 6de 1993-94 (IV) Amateurliga Wesfale-SW 14de 1994-95 (V) Verbandsliga Wesfale-SW 13de 1995-96 (IV) Verbandsliga Wesfale-SW 15de 1996-97 (VI) Landesliga Wesfale 1997-98 (VI) Landesliga Wesfale 1998-99 (V) Verbandsliga Wesfale-SW 1ste 1999-00 (IV) Oberliga Wesfale 5de 2000-01 (IV) Oberliga Wesfale 8ste 2001-02 (IV) Oberliga Wesfale 6de 2002-03 (IV) Oberliga Wesfale 17de 2003-04 (V) Verbandsliga Wesfale-SW 3de 2004-05 (V) Verbandsliga Wesfale-SW 1ste 2005-06 (IV) Oberliga Wesfale 8ste 2006-07 (IV) Oberliga Wesfale 7de 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer Stadionfoto's vanaf NRW-Stadien.de
Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick DJK Germania Gladbeck | FC Gütersloh 2000 | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | SV Lippstadt 08 | Sportvriende Lotte | SC Preußen Münster | SF Oestrich Iserlohn | FC Eintracht Rheine | FC Schalke 04 II SV Schermbeck | TSG Sprockhövel | SC Wiedenbrück 2000
Herne