Nicolaas Waterboer, gebore in 1819 en oorlede in 1896, was 'n Griekwahoofman wat geheers het oor die area oos van die Vaalrivier en noord van die Oranjerivier. In 1852 het hy sy pa Andries Waterboer opgevolg as 'kaptein' van die Griekwas.

Die eerste gedeelte is beskou as Griekwaland deur die Oranje-Vrystaatregering, maar die Vrystaat wou die tweede gedeelte noord van die Oranjerivier annekseer, hoofsaaklik vanweë die diamantryke neerslae wat in die area gevind is. Die Griekwas het suksesvol in die howe hul aanspraak op die Campbell-gronde behou in 1870 met die Keate-uitspraak. Hulle is egter deur die Britse regering as kroonkolonie in 1872 geannekseer.

Literatuur E.J. Verwey: New Dictionary of South African Biography, Volume 1. HSRC Press, 1995

Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1819 Kategorie:Sterftes in 1896