Julia Garner (gebore 1 Februarie 1994) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rol as as Ruth Langmore in die Netflix misdaad drama reeks Ozark (2017–hede), waarvoor sy besondere goeie resensies ontvang het en twee Primetime Emmy-toekennings gewen vir "Outstanding Supporting Actress in a Drama Series" in 2019 en 2020 bykomend tot een Golden Globe-prys nominasie in 2020 vir "Best Supporting Actress – Television".
Garner het ook rolle gespeel in die FX TV-kanaal dramareeks The Americans (2015–2018), die Netflix minireeks Maniac (2018), die Bravo TV netwerk ware-misdaad reeks Dirty John (2018–2019), en speel die titelrol in die Netflix minireeks Inventing Anna (2022). In rolprente het sy rolle gespeel in Electrick Children (2012), We Are What We Are (2013), Grandma (2015), en The Assistant (2019), Martha Marcy May Marlene (2011), The Perks of Being a Wallflower (2012), en Sin City: A Dame to Kill For (2014).
Persoonlike lewe Garner het getrou met die sanger Mark Foster, die hoof-sanger van Foster the People, in 'n Desember 2019 seremonie by die New York-stadsaal, agt maande nadat hulle verloof geraak het.
Filmografie Rolprente Jaar Titel Rol Notas2011Martha Marcy May MarleneSarah2012Electrick ChildrenRachel McKnight2012The Perks of Being a WallflowerSusan2012Not Fade AwayMeisie in kar2013We Are What We AreRose Parker2013The Last Exorcism Part IIGwen2013Hair BrainedShauna Holder2014I Believe in UnicornsCassidy2014Sin City: A Dame to Kill ForMarcie2015GrandmaSage2016Good KidsTinsley2017Tomato RedJamalee Merridew2017One Percent More HumidCatherine2017Everything Beautiful Is Far AwayRola2019The AssistantJane 2023 The Royal Hotel Hanna 2024 Apartment 7A Terry Gionoffrio 2025 Wolf Man Charlotte Na-produksie The Fantastic Four: First Steps Shalla-Bal / Silver Surfer Nog besig met verfilming Weapons Justine Gandy
Televisie Jaar Titel Rol Notas2015–2018The AmericansKimberly BrelandHerhalende rol; 10 episodes2016GirlsCharlie se kamermaatEpisode: "The Panic in Central Park"2016–2017The Get DownClaudia Gunns2 episodes2017–presentOzarkRuth LangmoreHoofrol2018WacoMichelle JonesMiniseries2018ManiacEllie LandsbergMiniseries2018–2019Dirty JohnTerra NewellHoofrol (season 1)2019Modern LoveMaddy2 episodes2020Robot ChickenVarious voicesEpisode: "Callie Greenhouse in: Fun. Sad. Epic. Tragic"2022Inventing AnnaAnna (Sorokin) DelveyHoofrol
Video's 2014: Get Ready
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in die 1990's