Michael Leitch (リーチ マイケル Rīchi Maikeru) (gebore 7 Oktober 1988 in Burwood, Nieu-Seeland) is 'n Japannees-Nieu-Seelandse rugbyspeler wat in die lostrio vir die Japannese nasionale rugbyspan speel. Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2011, 2015, 2019 en 2023 vir Japan uitgedraf.
Vroeë lewe Leitch is gebore in Nieu-Seeland met 'n Nieu-Seelandse pa en 'n Fidjiaanse ma, maar verhuis na Japan op die ouderdom van 15 om te gaan studeer. In 2008 was hy kaptein van Japan by die Junior-Wêreldkampioenskap. Hy het 'n Japannese burger geword in 2013.
Professionele loopbaan Hy het in 2018 sy debuut vir die Japannese nasionale rugbyspan gemaak teen die VSA in Nagoja, maar ontvang 'n geel kaart in die wedstryd vir 'n gevaarlike duikslag. Hy is hierna 'n gereelde lid van die nasionale span. Sy eerste drie was teen Kasakstan in April 2009. Hy het in 2011 aan die wêreldbeker deelgeneem en is geloof as een van Japan se beste voorspelers, wen die "Speler van die wedstryd" in die nederlaag teen Tonga.
Na die Wêreldbeker het hy by die Toshiba Brave Lupus in die Topliga aangesluit en in sy eerste seisoen ontvang hy die "vonds van die seisoen"-toekenning. Hy volg dit op met "span van die seisoen"-toekenning vir 'n tweede seisoen. Hy verhuis terug na Nieu-Seeland, maar verbeur sy speelkans as gevolg van 'n gebreekte arm. In sy eerste wedstryd na herstel van besering speel hy vir Japan teen Fidji in Junie, en doen 'n gebreekte been op.
Hy kry 'n tweede kans met die Chiefs met die ondertekening van 'n kontrak met die Hamilton-gebaseerde span vir die 2015 Superrugbyseisoen.
Hy is in April 2014 deur Eddie Jones aangestel as die Japannese nasionale spankaptein, slegs die tweede Nieu-Seelandsgebore speler om die Dapper Bloeisels te lei, na Andrew McCormick in die 1990's.
Vir die 2018-seisoen verskuif hy na die Sunwolves, die Japannese Superrugbyspan.
Hy is tans die kaptein van die Japannese nasionale rugbyspan wat hulle ook aangevoer het tot "die grootste skok in wêreldbekergeskiedenis" toe die span die Springbokke in 2015 geklop het.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf It's Rugby profiel WB 2011 profiel Chiefs profiel
Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Japannese rugbyspelers